46664

  • 2

skielik staan sy voor my
in ‘n andersheid wat my oë verlam
die vol lyf van gister ‘n winterboomskadu
van saplose takke
haar gesig oortrek met klein wit seertjies
asof ‘n vertraagde puberteit haar middeljare wil ontsier
haar oë
God hoe het dit so leeggeloop
vandat ek laas ons vriendskap daarin gekry het?

die uitslag is kil:
CD4-telling: 80.
immuniteitsloos, weerstandloos =
net vatbaar vir die
mors-dood.

ek voer haar met happies fyn hoendersop
want die sluk steek vas
in die knetterende vuur van derm en maag
ons stut haar rug-teen-rug
en voer ‘n pasgebore baba
sodat die lyding nog nie ophou nie

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top