"Hoe kan ons praat van geregtigheid as ons aanhou om 'n standaard slaafs na te volg wat nie net onverteenwoordigend is van die meerderheid sprekers nie, maar ook aktief besig is om steeds hierdie sprekers uit te sluit en te misken. Hoe kan ons van demokratisering praat, en die regstel van historiese ongeregtighede, sonder om herstandaardisering te bedink." Pieter Odendaal het Vrydag 2 Oktober as deel van die Swart Afrikaanse Skrywersimposium by UWK gepraat oor die toekoms van Afrikaans.


Kommentaar
Dit sal ongelooflik wees as daar subtitles kan wees want die klank is rerig dof.