Video: Friends in Art Uitstalling 2012

  • 0

'n Groep ervare kunstenaars van die Somerset-Wes- en Stellenbosch-areas het die kunste se gemoedelikheid ingespan om 'n plesierige uitstalling by die PJ Olivier Kunssentrum op die been te bring. Die lede van Friends in Art voer elkeen 'n individuele kunslewe, maar span elke nou en dan saam vir 'n smorgasbord vir alle smake.

Aangesien dié vriende se werke sonder kommissie aangebied word, kan veral nuwe versamelaars hul voete meer bekostigbaar natmaak. Die werke is tot 30 Mei te sien.

LitNet was by die openingsaand en het met van die kunstenaars gesels.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top