Antjie Krog het op Woensdag 22 Junie die Hertzogprys vir poësie by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Stellenbosch-bekroningsgeleentheid in ontvangs geneem. Die prys is toegeken vir haar bundel Mede-wete.
Antjie Krog het op Woensdag 22 Junie die Hertzogprys vir poësie by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Stellenbosch-bekroningsgeleentheid in ontvangs geneem. Die prys is toegeken vir haar bundel Mede-wete.
Kommentaar
Jirregot, gee vir daai vrou 'n Bell`s!
Treffende boodskap. Baie geluk Antjie. Mag Afrikaans altyd voortleef, onder moeilike omstandighede. Ek vertrou steeds dat die Afrikaner trots is op sy taal en dat daar krag in ons taal is.
In Antjie se Weltanschauung mag Afrikaans hoogstens in die kombuis voortleef. Sy glo blykbaar ook nie dat Afrikaans die krag as akademiese taal mag besit nie.
Hallelujah. Nou moet Antjie Krog net instem/stem dat voorgeskrewe werke vir opvoeding van ons nuwe lesers van alle tale in SA geen tantieme moet ontvang nie. Dis in elk geval net die uitgewers wat baat.
Die langste 2 minute bedankingstoespraak in die annale van die Akademie vir Wetenskap en Kuns se prystoekenningsplegtighede. Die steelhou na Breyten is onvanpas by 'n feestelike geleentheid soos hierdie.
Eenvoudig net die beste!
Wonderlik!
Soveel ryke woorde met gevoel, insig en ontsag! Pragtig!
Antjie Krog se houding teenoor swart mense is uiters maternalisties (indien nie selfs paternalisties nie). Elke enkele swart mens is 'n slagoffer. Kollektief was die swart, die Indiërs en die (oorwegend) Afrikaanssprekende bruin mense sonder enige twyfel die slagoffers en is steeds die ekonomiese slagoffers. Dit geld egter nie vir almal nie en vandag is Zuma een van die groot redes vir die ekonomiese ellende. Die uiters bevoorregte posisie van wit Engelssprekendes het blykbaar nog nie tot haar deurgedring nie. Met die afskaling van Afrikaans is hulle die nuwe bevoorregtes op Stellenbosch. Haar geliefde Wim de Villiers se aangetroude familie is juis deel van daardie bevoorregte Engelssprekendes.
Gelukwense an Antjie Krog van Vlaandere af waar vroeër Nederlands deur die Franssprekenden ook nie as 'n akademiese taal beskou is. Maar 'die taal van boere en knegte' soos hulle het beskou, het geveg vir sy bestaan en nu kan jy op alle universiteite regkom met Nederlands. Die volgende uitdaging is nu Engels maar ons sal handhaaf ... Ons is nie teen Engels nie (dis die internationale taal) maar ons is voor Nederlands soos ons ook voor Afrikaans is.
Antjie Krog , die gekrapte plaat ...
Klank swak. Hoekom verskyn Antjie so graag in 'n suit met 'n das?