Lyk my ek het teen ‘n goue kalf se been gepie.
Die onkundige heiden weet niks van wetenskap of teologie, maar hy ondersteun die teorie omdat die elite in sy gemeenskap dit aandui en hy wil tog nie “uit” wees nie.
Dit verg diep boosheid om ‘n leuen op te dis en dan die bewyse daarvoor te vervaardig, vir die evolusie-teorie sowel as die klimaat-vrees. Lg word nog gebruik om die populasie verder te belas ook nog, op so ‘n manier dat hulle bly is daaroor. Daar is ‘n gesegde dat diplomasie die kuns is om ‘n man te sê om hel toe te gaan op so ‘n manier dat hy uitsien daarna. Onlangs was die “eye-blind” die Aids gevaar. Dit trek nie meer aandag nie en tans is daar nog ‘n bietjie “mileage” in die “Global Warming” klug, alhoewel dit op ‘n paar plekke begin uitgewerk raak. Net die werklike desperate swaai nog daai plakkate rond, die wat sowaar geen ander voertuig tot watookal hulle wil bereik kan vind nie.
Die gewenste en beste sosiale orde is werklik iets wat die heiden nie verstaan nie, die meeste van hulle het nog nooit die Bybel gelees nie, die klein getalletjie wat dit wel gedoen het, verstaan nie eens die eerste sin van die Bybel nie.
Gramsci was ‘n Italiaanse Marxis wat die “issue“ mooi saamgevat het, hy beduie dat homoseksualistiese huwelike alleen nie die orde sal afbreek nie, maar dat ‘n lang-termyn veldtog teen die kultuur van die gevestigde, ekonomies-veilige familie nodig is deur die invloed van die kerk te breek, die media oor te neem, die skole en universiteite te korrup en die fundament van alles, die familie, te verbrokkel. Dit kom so reg uit die instruksieboek van die eienaar van Gramsci se siel, Satan en dit is sentraal aan die “Sentrale Agenda”.
Die huidige sosiale elite is nie meer soos in die dae van Marx nie, of soos Stalin se “useful idiots” meer nie, of mede-reisigers op Mao se “long march” nie. Hulle is onder die invloed van ander hallusiante soos Politieke Korrektheid, Kritieke Teorie en Kulturele Relativisme. In die omvang van onheil is hulle egter steeds “Useful Idiots” in Satan se eie “Long March”
Die reaksie op my erkenning van die makou se eienskappe het die beskrywing weer uitgelig, daar was weer die gillende betogers met geen oplossing op hul plakkate nie. “Freedom of speech” sluit blykbaar “Freedom of garble” in.
Ek het nooit my reg om vir myself te dink opgegee nie en ek lees graag nugtere debatte oor al die dinge wat deel vorm van die wêreld se sentrale agenda. Ek minag meeste daarvan en dit is binne my reg. Baie is daardie reg ontneem, die vervolging van alle gelowe tel vinnig spoed op en die skending van hul “regte” is oral te sien. In die “Weste” word Christelikheid toenemend afgekeur waar dit kom by werksaansoeke, bevorderings ens. Die G_dlose heiden is egter te bang om dieselfde aan die Moslem te doen. In lande met Islam-regerings, wel good luck as jy nie baie presies die rituele van denklose dinge volg nie, hulle weet alles van die Koran en niks van enigiets anders nie. Die arrogansie egter van Islam het daarin geslaag om die geloof wat bekend is vir “peace”, Boeddhisme tot geweld te dryf, veral in Asië. Na my mening vorm dit deel van die Sentrale Agenda wat mik na een regering en een geloof wat die doel dien van die huidige heerser van hierdie planet, Satan.
Die “debat” oor veral evolusie is amper uitsluitlik tussen mense wat niks van wetenskap weet nie en klein bietjie van die Bybel aan die een kant en aan die ander kant weer een wat bietjie van wetenskap weet en niks van die Bybel nie. Hoe kan ek so ‘n borrelbytery nie minag nie? Perdebytjie het ‘n plakkaat rondgeswaai met iets oor lees ‘n boek op, maar sy het nie ‘n boek om aan te beveel nie. Perdebytjie, los liewer die Primêre Skool biologie pamfletjies en lees die boeke van mense soos Gerald L Schroeder. Van sy idees is goed.
So is daar legio idees wat veronderstel is om deur almal verdra te word onder die vaandel van Multikulturele Demokrasie. Die feit is egter dat daar weinig harmonie en baie konflik tussen hierdie idees is. Die Sentrale Agenda het baie metodes om dit wat tot voordeel van die agenda is te bevorder en die ander uit te wis. Veral die ongewenste feite kry aandag, meestal word daardie idees as belaglik voorgehou terwyl daar wyd getrap word om die waarheid te vermy. En die spulletjie wat vergeet het hoe om te dink spot saam en klop mekaar op die skouer in self-verwondering.
Een van ons heilige waardes is dat ‘n man onskuldig is totdat hy skuldig bewys is. Na bewering, maar wat gaan werklik aan? Die dinge wat kritiek is vir die Sentrale Agenda en onbewysbaar is of walglik is, word beskerm. Elke keer wat ‘n hof oor een van hierdie dinge sit, wen die Sentrale Agenda. Soms verloor hy die saak, maar deel van die “Long March” is om die wette te verander. Die VVO is ‘n uitstekende voorbeeld, hierdie belaglike organisasie het nog nooit op enige plek enigiets bereik wat hulle ‘n sukses kan noem nie. Hulle eis Namibia as ‘n sukses en miljoene glo dit, behalwe die van ons wat daar was en weet dat dit ‘n Duitse sukses was, desondanks die ongelooflike inkompetensie van die VVO. Die belangrike ding is om te sien hoe internasionale wette stukkie vir stukkie herskryf word in die rigting van ‘n omvattende mandaat vir hierdie VVO.
Wat die huidige buzz van die elite, evolusie betref, dis ‘n teorie wat ‘n doel het. Dit is nie bewys nie, die “Big Bang” is net dit, ‘n moerse lawaai. So hoe dwing jy hierdie twak af? Die voorbereiding is lankal begin deur die leer van Bybel in skole uit te gooi. Dis maklik, skole wat Bybelstudie aanbied kry nie geld by die regering nie. So, die dollar weeg meer as G_d en G_d is uit. Volgende stap, evolusie is in en daarvoor betaal die regering. Maar steeds kan evolusie nie wetenskaplik bewys word nie, en hier is waar dit werklik duidelik behoort te word vir almal wat nog klou aan hul reg om vir hulself te dink. Die “burden of proof” word verskuif van die een wat die bewerings maak na die een wat die bewerings verwerp. Die G_dlose sê dat evolusie moet aanbid word of verkeerd bewys word, en die G_dlose wêreld diskwalifiseer die Bybel as bewys. Natuurlik sonder om die Bybel verkeerd te bewys. Jy daar Oom Daan?
Ras het te doen met iets wat inherent aan die person is, hy is so gebore en sy eie voorkeur of afkeur het geen effek op daardie feit nie. Ras-verwante wette kan dit akkommodeer. Ander dinge egter, soos geloof, sportondersteuning, politieke oortuiging, hulpverlening, misdaad en homoseksualiteit is egter bewustelike keuses wat hy maak. Een van die klein deeltjies van die Sentrale Agenda is om hierdie werklikheid te vervaag, meer en meer dink die ondinkindes dat hulle niks daaraan kan doen nie. So word bewustelike swak keuses beskerm en aangemoedig en onheil word gevestig.
Maar nou ja. Hier stap nou ‘n ou verby my huis en doer ander kant vlieg ‘n makou dam toe. Die ou stap want hy kan nie vlieg nie. Op TV is ‘n fliek oor ouens wat opgehou het om vir hulself te dink. Die fliek se titel is iets oor zombies.
Ek groet in vrede
Duitswester


Kommentaar
Duitswester
Beste Duitswester
Dis omtrent die langste brief van jou wat ek ooit hier op die Net gelees het.
Ek kan net vir myself praat.
My kennis oor ewolusie, die planete-stelsels en die wiskundige disiplines is swak, om dit sagtens te stel, dus sien ek nie kans om in sodanige besprekings deel te neem nie. Ek lees liewer ander met sodanige kennis hier op die SêNet, en leer daaruit. Ek bly liewer weg van onderwerpe wat ek min of glad nie van weet nie, want ek weet, hier op SêNet sal geen genade aan my getoon word indien ek oningelig of onsinnig redeneer nie, en so hoort dit te wees om die koring van die kaf te skei.
Mbt Geskiedenis, politiek, godsdiens, ekonomie en menseregte is ek vol vertroue om sodanige onderwerpe met vuur en vlam aan te vat, weens my redelike breë algemene kennis in sodanige onderwerpe en disiplines.
Ek wil net bykomstig sê. Ek is nie ateïs as gevolg van wat ewolusie te sê het nie. Ek is ateïs as gevolg van 'n intense studie van die Bybel en ander bykomstige dokumente wat my tot sodannige slotsom laat kom het, nl dat god 'n mensgemaakte skepping van sy verbeelding is. Dus wanneer met my oor godsdiens geredeneer word, gooi ek Bybelverse terug vir Bybelverse aan my toegedien. Ek vind dit werk lekker vir my, want ek gebruik my opponent se eie raamwerk van inligting. Ek dink dit het jy reeds gesien in my godsdiensdebatte.
My homoseksualiteit is deel van my wese. Of ek sodanig gebore of dit my keuse is, is dit vir my om te ewe. Ek bodder nie om te reddeneer of 'n eier eers aan die groot ent of klein ent gebreek moet word nie. Ek eet die eier ongeag hoe dit ookal oopgebreek word.
Al wat ek hierby wil sê is: Indien jy weet waaroor jy wil praat, wees bereid en goed gewapen om die aanslag te kan weerstaan en af te weer. Indien jy op die aanval is, geld dieselfde reël indien jy oorwinning wil behaal.
Jaco Fourie
Terloops,dis kruidjie-roer-my-nie,met 'n "d".
Perdebytjie,
Ek het my keuse lankal gemaak, ek het ook lankal die boeke gelees wat ek nodig gehad het om my keuse te maak. Jou twee hero's Darwin en Dawkins is al male sonder tal die vloer mee gewas. As jy redes soek om jou ateïsme te regverdig, dis nie nodig nie, jy het die reg om te kies, so los nou die verskoningsoekery en staan net op en sê dat jy nie glo dat G_d bestaan nie. Jy sal vind dat mense jou keuse respekteer, maar jou verskoningsoekery verdien nie respek nie. En poog tog om minder van 'n sarkastiese bitch te wees, dit maak dat mense werklik nie jou naam wil hoor nie.
Jaco,
Dit gaan nie oor enige oorwinning nie, om bewus te wees van dinge en nie daarmee saam te stem nie beteken nie dat daar 'n debat, geveg, watookal hoef te wees nie. Ek ken en werk met baie mense wat opinies en gedragspatrone het wat vir my total taboe is. Dit verander niks aan my optrede teenoor hulle in 'n werksituasie nie, ek sal egter nooit enige sosiale kontak met hulle hê nie, dit is my keuse. Ek beledig hulle nie en ek open ook nie debat oor hul voorkeure nie.
Al waar dit verander Jaco, is as een of ander skepsel uitvaar teenoor my omdat ek sulke gedrag nie met applous begroet nie of sarkasties en beledigend raak teenoor my omdat ek 'n standpunt het.
En soos jy weet, kan ek nie met jou saamstem nie, want dan gaan ons al twee verkeerd wees.
Lekker naweek.
Duitswester
Duitswester,
Jy skryf nog steeds nie of jy die bron van die evolusieteorie gelees het nie. Jy skryf wel dat jy lankal die boeke gelees het, wat jy nodig gehad het om 'n keuse te maak. Jy is vreeslik ontwykend hieroor en dit bevestig my vermoedens dat dit boeke is wat in elk geval jou standpunt huldig. Wanneer mens antwoorde soek, moet jy eerlik met jouself wees en objektief probeer wees. Dis nie maklik nie, want mens se gemaksone is jou sekuriteit.
Ek kon na jare se studie van die Bybel, grootword in die kerk met alles wat daarmee saamgaan, 'n objektiewe besluit neem om 'n ateïs te word. Ek het ook nie ligtelik tot daardie gevolgtrekking gekom nie en dis definitief nie die evolusieteorie wat my oortuig het nie. Die studie hiervan het eers later begin.
Glo jy werklik alles is gefabriseer, al die fossiele en gerekende wetenskaplikes se harde werk van jare? Dit moet dan die verskriklikste samesweringsteorie wees wat die mensdom ooit getref het!
Verder noem jy my 'n sarkastiese "bitch", so 'n lelike woord, wat ek nie eers my grootste vyand sal toesnou nie ... tsk,tsk, baie Christelik hoor! Sjoe, dan wonder ek of aanmerkings soos dat ek plakkate rondswaai en primereskool biologiepamflette lees, nie die toppunt van sarkasme is nie !Ai,Ai, Suidwester,wat is nou weer die storie van die balk in eie oog?
Ek dink nietemin, dat ons geen werklike objektiewe debat kan voer nie, want van objektiwiteit is daar by jou geen sprake nie. Glo maar wat jy wil glo. Onthou jy het eerste begin met hierdie uitlokkende onderwerp toe jy sarkasties geskryf het oor die "skepsel".
Totdat mense nie beskaafd na ander se standpunte kan luister nie, is hierdie soort gesprek van die begin af gedoem.
Groete
Perdebytjie
Perdebytjie
Hoor! Hoor!
Jaco Fourie