Vertaalkompetisie

  • 0

(Vertaling van "Vrijheid" deur Marion Bloem)

Vryheid

As vry wees is: hou jy jou mond
want ek het iets te sê

As vry wees is: jy agter tralies, want
dan hoef ons nie bang te wees
vir al jou andersheid en ander
doen en late nie

As vry wees is: die dag van môre
word nou bepaal deur die dag vandag
iets minder dag te laat wees

As vryheid is: die deure sluit
en op die televisie vryelik bekyk
wat veilig uit die pad moet bly

As vryheid is: steeds rustig slaap
omdat andere hul tong teen wil en dank
ontneem is

As vryheid is: eet wat en wanneer jy wil
maar die skille laat jy val in koerante
waar die honger verswyg word

As vry wees is: nie hoef te weet wat my
bevry het, my vry hou, my
in vryheid elke dag gevange neem nie

As vryheid is: wag tot die ander
my bevry van angste waarin ek
’n heilige vertroue het

As vryheid my gedagtes vorm
As vryheid om my heen oral rondom
en in my waai,
maar jou nie toekom nie

As vryheid my beskerm
teen jou idees wat vir my te
anders is

As vryheid vir my vandag so
vanselfsprekend lyk, en jy nie
weet wat dit beteken nie

Dan is vryheid munt vir my
en kruis vir jou
Dan is vryheid lug en willekeurig

Maar staan dit my miskien tog vry
om iets van my lugtige vryheid – met
wedersydse instemming natuurlik –
tydelik of op die lange duur

af te staan om jou
van my verstikkende vryheid
te bevry

 


  • 0

Vertaalkompetisie

  • 0

(Vertaling van "Vrijheid" deur Marion Bloem)

Vryheid

As vry wees is: hou jy jou mond
want ek het iets te sê

As vry wees is: jy agter tralies, want
dan hoef ons nie bang te wees
vir al jou andersheid en ander
doen en late nie

As vry wees is: die dag van môre
word nou bepaal deur die dag vandag
iets minder dag te laat wees

As vryheid is: die deure sluit
en op die televisie vryelik bekyk
wat veilig uit die pad moet bly

As vryheid is: steeds rustig slaap
omdat andere hul tong teen wil en dank
ontneem is

As vryheid is: eet wat en wanneer jy wil
maar die skille laat jy val in koerante
waar die honger verswyg word

As vry wees is: nie hoef te weet wat my
bevry het, my vry hou, my
in vryheid elke dag gevange neem nie

As vryheid is: wag tot die ander
my bevry van angste waarin ek
’n heilige vertroue het

As vryheid my gedagtes vorm
As vryheid om my heen oral rondom
en in my waai,
maar jou nie toekom nie

As vryheid my beskerm
teen jou idees wat vir my te
anders is

As vryheid vir my vandag so
vanselfsprekend lyk, en jy nie
weet wat dit beteken nie

Dan is vryheid munt vir my
en kruis vir jou
Dan is vryheid lug en willekeurig

Maar staan dit my miskien tog vry
om iets van my lugtige vryheid – met
wedersydse instemming natuurlik –
tydelik of op die lange duur

af te staan om jou
van my verstikkende vryheid
te bevry

 


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top