In ’n droom het TS Eliot my
laasnag verwelkom in die misnewels van Engeland
Met tee in sy woning mis wat insypel deur
bont gordyne voor die vensters
deur die skoorsteen maar ’n knus woonplek
En ’n ongelooflik aantreklike haakneus Eliot
Het my ingeneem, slaapplek gegee,
aangename geselskap, innemend
My mening gevra oor Mayakovsky
ek het Corso Creeley Kerouac aan hom voorgelees,
Burroughs Olson Huncke aanbeveel
die bebaarde dame in die Dieretuin
die intelligente poema in Mexicostad
teen koraalgesang van ses koorseuns van Zanzibar
In gebroke Swahili en die golwende ritmes
van Ma Rainey en Vachel Lindsay.
Op die Koninginseiland het ons heelaand gesprek gevoer
waarna hy my in my lang rooi onderklere toegemaak het
onder ’n sagte kombers voor die vuur op die rusbank
het hy my ’n warmsak gegee waarna hy
self sleepvoet bed toe is terwyl hy opmerk
Ginsberg, ek is bevoorreg om ’n edel jong man soos jy te kon ontmoet.
Ek het wakker geword met ’n gevoel van verleentheid.
Is hy so goed en gaaf? Is ek so talentvol? Hoekom droom ek van sy guns?
Watter Engelse departement sal beïndruk wees daarmee?
Is dit ’n voorspelling tot ’n miskende profeet?
Ek droom van my groothartigheid jeens TS Eliot
wat ’n historiese digter wil wees
en deel in kapitale beeldspraak
eersugtige droom van ’n eksentriese jongeling.
Behoede dat my wilde drome waar word.
Laasnag het ek gedroom van Allen Ginsberg.
TS Eliot sou my misken het.
Vertaling van "Feb. 29, 1958" deur Allen Ginsberg. Klik hier om die oorspronklike gedig te lees.
Klik hier vir meer besonderhede oor die kompetisie.

