Verslawing: Ek is ’n alkoholis

  • 1

Goeiedag 

Ek is ’n alkoholis, daarvan is ek seker. 

Ek kan myself nie help nie. Dit gaan nie oor die hoeveelheid wat ek drink nie – twee tot drie drankies is gewoonlik al – maar elke aand, met elke geleentheid. Ek kan nie ontspan na ’n dag se werk met of sonder spanning nie – ek moet elke aand iets drink. 

Ek het dit met my man bespreek (hy drink ook) en hy het ’n grap daarvan gemaak. "Dis nie so erg nie," was sy woorde, maar ek dink hy weet dit is besig om ’n groot probleem te word en ek wil dit stop, nou, voor dit te laat is. 

Ek bly nie naby ’n dorp of stad nie (die naaste is 100 km van ons af). Wat doen ek? Hoe kan ek AA-byeenkomste bywoon as ek so ver bly, en wie gaan my kan bystaan? 

Sal ek dit kan doen as ek niemand het om by my te staan of te bemoedig nie? 

Help my asseblief, ek het hulp nodig, ek wil ophou drink.

 Ver van als


  • 1

Kommentaar

  • Hi,

    Ek is ook, en het presies ’n maand terug uiteindelik tot die besef gekom dat ek hulp nodig het. Ek het na my huisdokter gegaan, wie vir my medikasie voorgeskryf het en dadelik na ’n sielkundige verwys het. Dit is nou presies ’n maand sedert ek alkohol gebruik het, en ek moet bieg dit was hel. Dit word egter elke week ’n klein bietjie makliker. My hele lewe is omgekeer, en ek moet van vooraf aanpas by alles wat ek voorheen as normaal beskou het.

    My man drink ook en dink ook ek "oorreageer", maar die sielkundige het toetse gedoen en ek is vir seker ’n alkoholis. Ek het dus nie ondersteuning van sy kant af nie, en het ook nog met niemand anders in my familie of vriendekring gedeel nie. Ek steun baie op my sielkundige en op God.

    Hoop dit help

    Maxi

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top