Geskryf vir: Straatligkinders
Vers 1:
Ek is hartseer, ek is kwaad
Ek sien my soldate vol bloed, vat wraak
Dit voel anders hierdie keer
Selfs die geraamtes in my kas kry seer
Refrein:
Ek dog dit was genoeg toe ek in jou skadu kon verdwaal
Wens net iets wil my nou hier kom uithaal
Sien jy die trane van my hart afskeur?
Want jou eie seer lyk onder beheer
Vers 2:
Kom ons verander die nagmerrie in ’n droom
Voor ons mekaar versmoor
Kom ons vat net die lewe vol hoop
Dalk het ons net te lank in die verlede geloop
Sonder ’n vrees, skree, het iemand ons dalk gehoor?
Was ons net kwaad of het hierdie seer net meer sin gemaak?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

