Verskoon my taalgebruik: Naai, nie rêragie! Varrit of lossit!

  • 22

olivia650Vroeër in Junie was ek in sessie met uh nuwe leser van my werk. Sy vertel my hoe sy voel die storie wat ek skryf is uh “Afrikaanse storie”. Ek knik toe my kop en sê “ja”, maar sê toe dit is actually uh Afrikaapse storie. Uh fiksionele storie gebaseer op mense van ’ie Kaap – hulle praat die taal, hulle dra dit op hulle hanne, dit lê suiwer in hulle oё, hulle dra dit in die way hoe hulle stap, die klere wat hulle dra en oek in hulle harte. Daai mengelmoes van Khoi, Nederlands, Malay, Duits, Xhosa en die ander. In haar ruk, pluk en streel van my taalgebruik sak sy af: “Maar ek dink ook nie jy kan rêrig Engels skryf nie, maar ek bedoel nie dis sleg nie.”

Na ses jaar van Engels master op university het ek dit nog steeds nie onner ’ie belt ’ie. What a bummer, but ek lat dit gaan en besluit om nie op dit te dwell ’ie. Sy het dit mos nie bad bedoel ’ie, maar sy het my laat dink. Ek besluit toe ek bring dit blad toe, om te kom om te vestaan, wat maak uh taal, “my taal”. Wat lê in die taal wat ek in skryf, praat of lees? Waavandaan kom ’it, daai essence wat daa vibrate soos die woorde klik of gly oor my vocal cords? Of soes ’it bollamakiesie slat in my mind en uit tot op die blad? Wat bedoel dit om die taal, of eerder, tale, te besit, dit te ken, van binne en buite? Gaan ’it rêrag net om te kan communicate met anner mense? Is daar meer? En wie het die reg om te besluit my taal is bieter of slegter as …? 

As mens so kyk wat gebeer in ’ie land van “Kallid” of die figotten Nation, volgens die tik en die gangsterism en al die stereotypes van Kallid wies, dan moet djy wonner of ’it waar is, wat baie mense wat nie Ama-Kallid is nie sê. “Kallids, they don’t have a culture.”

Op my eerste jaar van universiteit was ek blootgestel aan wat “culture” betieken. Ek het gedink, but o’s het ’ie daai goet ’ie, van wat is o’s se cultural klere (nike takkies, adidas trackpants of levi jeans?), o’s cultural kosse (vis en chips wan is Vrydag, gatsbies of braaivleis?), en dan natuurlik die “cultural” of “indigenous taal” (Afrikaans, “Kombuis-Engels” of wat?). En waar was die mense wat die culture van Kaaps of Kallid wies op hoogte dra? Ek het ’ie mense soes Adam Small geken nie. Ek was ’ie geïntresseerd om van hom te wiet ’ie, wan amal skryf in uh taal wat ek, as Kallid, nie kan vestaan en mee relate ’ie. 

In 2014 het ek begin om uh documentary film te maak oor die Khoi-taal wat weer sy kop uitstiek tussen die mense op die Kaapse Vlaktes. During die skiet van die film het o’s interviews gedoen met studente op UWC se kampus. Een van die vrae wat o’s gevra ’it was wat is Kallid culture, en baie van die antwoorde wat o’s gekry het was: “But Kallids het ’ie culture nie.” Ek het gewonner hoekom sê mense soe van hulleself, en hoeko dink ek ook soe? Van waa is my culture, wat besit dit? Ek het gedink aan die gatsbies en breyani, die kerriehoene, die vetkoek en mince, die braaivleis en aatapelslaai, die pens en pootjies. Ek het gedink aan die brand name klere, but dan oek die kerkhoede, die klere wat te groot of te klein is om jou te pas wan djy kry it van jou antie af. Ek het gedink aan die Afrikaans-gemix met “Kombuis-Engels”. Ek het gedink aan die Sunday familie gatherings om ’ie kombuis tafel, die jokes en ’ie parties. Ek het beginte probe’ om te reconstruct wat culture is vi my as Kallid. 

Ek en die fellow artists en activists in my circles van poets, skrywers, Mcees, en ander, glo dat die rede hoeko die kleurlingkind so misguided is, is omdat die key ingredient van o’s missing is, daai link met ’ie past. Volgens baie se opinie  het Kallids oek ’ie uh taal ’ie, wan die taal wat o’s praat (en oek in skryf) is nie standaard ’ie. Dit is nie hoё Afrikaans wat ons praat of skryf nie.  Nou imagine net as meer mense gewiet het van Adam Small se werk, ek praat nou van die mense wat hy oo’ geskryf ’et. Imagine hoe hulle oo hulle taal sal voel, hoe hulle oo hulleself sal voel. Daai taal wat net so bold en exotic optree soes ’ie rasend strate van Bellville-Suid, of die gejol van mense wat hulle eie paaie uit grafitti op Kaapstad se treinstasie, of daai kalleful moments wat viskyn en wee vidwyn elke Woensdag en Sarag op die Grand Parade. 

Ek is gebore Afrikaans, but ek het gegroei in Kaaps tot in die middel van my jongmensliewe. Ek het die conscious keuse gemaak om Engels uh kans te gie. You see, Engels is die taal van ’ie future het ek gedink. But ek het nooit gevra wie se future ’ie, en of daai future vi’ my, Suidwesser-gedraai-Kapenaar, insluit ’ie. Soes ek en Engels gestap het, het ek kom vestaan my kortkome because of my velede. Ek het anvaar dat my Engels nooit die Engels sal wies soes uh kind wat Engels gehoor het toe sy nog diep aan haa’ ma se naelstring gevoed het ’ie. Ek het vrede gemaak  met die wat ek nie was nie, en soe het ek aangestap vir meer as ag jaar aan Engels se sy. Ek het vestaan dat die way hoe ek Engels skryf en praat, is die way hoe ek Engels skryf en praat. Laas jaar was ek voorgestel aan Ceres, en haar  growwe berge, en haar  bruin rivier en haar mense, die bruin-swart-en-wit van Ceres. Dit was ’ie al ’ie. Toe Ceres begin praat, toe sing Afrikaans oor haar tong en dit slat my tien-niks teen uh visie van my toekoms vas. Ek het dadelik gewiet dat ek het weer uh nogge deur van my huis gevint ’et. Afrikaans was wee wakker gemaak binne in my, but ek was bang vi my eie taal. 

Mense call Afrikaaps uh afstammeling van die “regte” Afrikaans. Daar is baie debates oo watte een is ’ie ’regte eene, but die debate wat ek die meeste van hou en oek onnesteun is die een wat sê dat hierdie taal, wat soveel in hulle harte dra, gebirth was deur o’s vooroues. Alles goed en well, but waa los dit vi o’s, mense soner uh history? Of kan o’s claim sit op amal se history, op amal se culture? Of kan o’s claim sit op o’se eie history, o’se eie culture? Uh culture wat meer is as net drankmisbruik, dwelmmisbruik en gangsterism? Uh culture wat geboorte gegie het aan mense soes Adam Small, Diana Ferrus en ander wat sterk voorbeelde is van wat die figotten Nation kan wies as hulle net hulle se self kan sien. Uh culture gevul met breyani’s en gatsbies en nikes en levi jeans en family gatherings elke weekend, uh culture met mense wat die joke kry in alles. 

During die skiet van die documentary film het ek oek gesit met uh local Khoisan activist. Sy beskryf taal’ as iets wat binne in die are lewe, binne in die bloed swem. Sy se taal is die stories van o’s voorouers wat hulleself kom herhaal deur o’s tonge. Sy het my remind dat wanne mense nie uh taal het nie, dan het hulle niks, of wanneer hulle dink hulle het dit nie dan is die outcome dieselle. Die stories van die verlede leef mos met uh taal, dis hoe ouma vir kleinkind stories vertel van hoe om mens te wees. Die taal is oek hoe die culture besit en aan gedra word. Ek kan onthou hoe sy daar gesit ’it teen uh agtegrond van Lion’s Head, Robben Island en Bloubergstrand. Dreadlocks wat lank hang oor haa skoues, vel bruin, lig geplooi met die jaare. Haa oё moeg van die struggle, haa hande vol krag gevou op haa skoot. En ek kan onthou hoe haar oё lewendig geraak het toe sy sê toe dat taal meer is as net om annes te vestaan, dit is ook mee as die stories wat dit dra, but dit bring en gee uh plek van belonging vir die mens wat dit besit. And wanne mense soos ek in die spieёl moet kyk van die lewe en hoo dat die Engels wat ek praat en skryf nie genoeg is nie, dan soek ek na my taal. Ek soek na daai belonging wat sy na verwys het. 

Vedag soes ek hier sit en skryf en ek wonne hoe djy as leser die berig gaan ontvang, is ek bang. Ek is bang, wan die taal Kaaps is mos ’ie uh taal wat mens moet gebruik om mee te skryf ’ie. Kaaps is mos uh taal wat mens net kan praat of hoe? Ek is bang wan wat van die Engels wat ek meer as ses jaar gewerk het om reg te kry, gan die taal van my dit nie “besoedel” ’ie. Ek is bang wan ek wiet die meeste mense wat die stukkie gan lies is ’ie die mense wat dit moet lies ‘ie. Daai mense wat soes ek praat. Daai mense wat nie die kans sien om te lies ‘ie wan hulle het niks om aan vas te hou nie in wat hulle lies ’ie. Die Engels is te rha-rha en die Afrikaans te Boer. Hulle soek hulle taal, o’s se taal, die ene wat mens moet hard-op lies vi’ jou self sodat dit in sink. Hulle soek uh taal wat hulle mee kan relate. Ek dink nie ek vestaan genoeg wat in die circles van Afrikaans gebee nie, but ek wiet die dag toe Adam Small die guts gehad het om op te staan en te sê, but dié is ek en dié is my taal, het mense gesit en geluiste. But ek dink ’ie  genoeg van ’ie “regte” mense het gehoo nie. Ek dink oek Kaaps is meer as net uh taal wat die Kapenaars praat. Vir my is dit representation van uh mens wat alles, alles wat mens laat remember dat djy belong, verloor ’et, en weer iets niets moes gebou ’et. Dis wat Kaaps is, dis wat die taal is. 

Toe ek gevra was om te skryf vir LitNet, was my eerste concern, maar ek praat of skryf ’ie Afrikaans ’ie. Van my Afrikaans is gemix met my history, dit soek dat mense plat sit en luiste. Dit soek dat mense wat dit hoor dit onthou soes die gesange van Krismis. Dié is uh different version, but dié is nog steeds my Afrikaans, different van jou en jou Afrikaans. Daar is rêrig nie ruimte om voor te gee nie. Dié wat djy nou lees, is my “standard version”. Die mengelmoes wat sterk praat oor my verlede en hoe ek hie’ gekom ’it. En ek praat nou nie net oo die trip all the way uit Suidwes uit ’ie. Ek praat van waa my Afrikaans begin het, daa op ’ie walle van die Oranjerivier, tussen my vooroue’s se vooroue’s. Toe ek lees wat Nathan Trantraal vi Adam Small gesê het, dat sy Kaaps nie die “regte” Kaaps is nie, toe wonner ek wat hy sal sê op die claim wat ek sit op Kaaps. En wie, so by the way het hom die reg gegie om te sê wie kan claim en wie nie? O’s mense het genoeg gestruggle en het nog steedsie uh plek in die son ’ie. Soe is sieke’ tyd dat die way hoe o’s die taal praat en skryf sieke’ die stendert raak, because dis o’s se stendert. 

Ek is kind van die Kaap-stad. Opgegroei in ’ie ghetto’s van Bellville-Suid en Eerste Rivier, uh kind van die strate van Electric City. Daa’ het die taal, soos uh pasgebore laaitie dit toekom, my toegevou in sy layers. Is swaar genoeg om jouself te moet wies in uh land wat sê djy passie innie, die taal wat djy praat is net genoeg  vi skel en syp, maa nie genoeg vi’ skryf ’ie. Ek wonne’ net watse difference salit maak vi die kinnes van die Peninsula, en oek innie land-in, as die taal wat o’s praat as genoeg kan gesien word om oek te skryf en as dit deur o’s en anners wat dit ’ie praat ’ie oek gesien word as mee’ as net “gangste taal” of uh “diluted version van die suiwer Afrikaans”.  Sal die understanding van die “self” nie verbieter ’ie? Sal kinnes en grootmense nie bieter leer en bieter voel oo hulle self ’ie?  

In my tweede en derde jaar van linguistics studie het o’s uh debate gehad oo Engels en die riede hoeko’ amal moet Engels praat. Ek het gestaan by die punt wat vir Engels was, my taal was nie van belang. Ek bedoel dinge sal bieter wies as o’s as people of kalle’ kan staan met monde vol Engels, of hoe? It’s been three years since then, en nou vestaan ek hoe ignorant dit was om te dink om Engels te leer gat alles bieter maak. Ek vestaan nou hoe die taal wat ek praat nie net my eie rykdom is nie, en o’s praat nie nou net van geld ’ie, but dat dit oek die “rym-dom” en rykdom is van amper agt miljoen mense in Suid-Afrika, en oek daai mense anne’kantie Namibiese borde’. Om Afrikaans te praat die way ek en djy dit praat is orraait. Al soes uh mens die storie uit mekaar sit raak die vrae meerder en meerder, but daai is deel van om die “self” te discover, dit is deel van pride terug te kry. Om vrae te vrae lat dit mens toe om ’ie antwoorte te gan soek, nie net noodwendig binne-in mens ’ie, but daa buite by die mense soos Adam Small, die Afrikaaps Crew, Trantraal en sy raasbek, by mense soos Diana Ferrus en ander nuwelinge soes Shirmoney Rhode, Jolyn Phillips en ander.  

Op die oudedom van 16 was uh Goodhope fm dj by o’s skool. Hy het met uh mic innie ronte geloep om kinnes te vra wie hulle is en waa’vandaan hulle kom. O’s almal het oppie netbalbane se sementblad gesit. Hy’t voo my kô staan, en hy’t my gevra. “So who are you and where you from? Heelwat op sy nerves. Ek ’it hom boe oo my brille gekyk en stadig gesê: “Ek is Livy. Vannie Rive.”  

Bly te kenne!

  • 22

Kommentaar

  • Avatar
    annette le Grange

    Olivia, hiermee gee ek jou 'n staande applous, dankie vir onse Kaapse Afrikaans, die taal, die berg en die see, dit is daardie goed wat my vir altyd in die Kaap sal hou, maar veral die kleurvolle taal.

  • Jou taal verstaan ek al te goed. Ek beleef ’n Afrikaans in die Noord-Kaap wat anders is as jou Kaapse Afrikaans. Hier om Kimberley word Tswana ook ingemeng. Soms kan ek as wit boer skaars verstaan. Dan Bly hier mense wat lyk soos Tswanas maar sy huistaal is Afrikaans. Hier rond is Engels baie skaars. Die ouens van Springbok se kant praat dit weer anders. Wat ’n lekker taal hierdie Afrikaans in al sy kleure.

  • Praat jou Afrikaaps, dis jou taal, jou moedertaal, bou dit uit en leef dit. Ons almal het daardie reg. Sterkte.

  • Avatar
    Hennie v Vuuren

    Man is dit nie lekker om ons taal te hoor volmond rol nie. Mooi vrou ... baie mooi. Dankie vir die ligstraaltjie hier in die koue Pretoria.

  • "Daai mengelmoes van Khoi, Nederlands, Malay, Duits, Xhosa en die ander."
    Ek het met belangstelling die stuk gelees, op soek na regverdiging van hierdie stelling en van Kaapsafrikaans as 'n "eie taal", maar al wat ek gesien het was Afrikaans met 'n anders as standaarduitspraak foneties geskryf, gemeng met Engels. Soos die Britse Cockney, of die Nederlandse plat Amsterdams is dit heerlik om in goeie dialoog te lees, maar as taal op sy eie? As ek kyk na die "Kallids" wat deesdae hul kinders na Engelse skole stuur, kleef daar tog miskien 'n stigma van agterbuurte aan.

    • Kan mens dan oek ie nog meer trots in it het ie, die 'Afrikaans bedoel ek. Met al haar klere, stemme en kulture. Ek bedoel shoo ... is maklik om dit te box, en te sê, nee maar dis net ... but is soeveel meer as net ... Dankie vir die komentaar. Is lekke om te lies anner mense se gedagtes oo die taal wat ek call my 'eie', in al haar stemme, klere en soe ... lekke dag verde ...

  • "Daai mengelmoes van Khoi, Nederlands, Malay, Duits, Xhosa en die ander."
    Voeg nog Engels, Frans en Portugees by, en jy het 'n goeie beskrywing vir Afrikaans.

  • Avatar
    Laetitia Swanepoel

    Lekka, Sista! Ek dag dis net ek wat praat (en soms skryf) van Sarag! Wat is lekkerder as 'n Saragaand?

  • Wil net se, dankie vi al die support en oek die anner wat anners dink.. Mens moet alles waardeer.. bly te kenne mense.. dis julle soort wat die land vorentoe gat vat ... lekke djy, wat lekke kry ... 🙂

  • Avatar
    rehana mohamed

    Malema sê tjatjarag ... Hoor hu lekr klink dit opi tong! Viva,Afrikaans ... taal van vele nuanse!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top