Dis die jongste bewering van ons arme Rooi Daantjie! Ag shaim! En hy dink hy het die antwoord op alles.
Die anderdag skryf hy dat al die regses, selfs die VF+, behalwe hy, sit sonder “balls”, te bang vir Afrikanerpolitiek! Dit wil voorkom dat die nuwe regse gekose Afrikanerowerheid hom ook nie aanstaan nie. (Watter demokratiese strukture bestaan in Praag, behalwe die eenmansaak in die vorm van Rooi Daantjie?)
Nou skryf hy Afrikaners wat in 2014 vir die DA gaan stem en nie vir die VF+ nie is Afrikaner-verraaiers. Nou hoe kry ’n mens die kloutjie by die oor beet. Die VF+ vir Afrikanerbelange is lankal uitgedien, en die Afrikaner weet dit te goed. Nou waarom moet Afrikaners ’n sterwende party ondersteun net omrede Rooi Daantjie en sy omtrent 200 oorblywende “ware” Afrikaners dit so verklaar?
En wat “worry” hierdie meneertjie oor die parlement, gesien hy al by herhaling verklaar het dat Afrikaners hulle republiek reeds teen daardie tyd gaan hê.
Volgens hom: “Luister vir die propagandameesters van die Nasperskoerante soos Beeld, Die Burger en Rapport en beskou die uitwissing van die laaste bietjie Afrikanerinvloed in die politiek as ’n nasionale prioriteit”.
Dan weer: “As u dus ’n goeie hensopper wil wees, moet u sorg dat dié party (VF+) in die 2014-verkiesing geheel en al verdwyn en met oorgawe DA stem.”
Dan speel hy sarkasties die uitgediende “swartgevaar” en rassekaart met bangmaakstories bygevoeg: “Lindiwe Mazibuko is ’n natuurlike (toekomstige DA) leier vir Afrikaners. Sy is jonk, swart en vroulik, alles dinge wat in haar guns tel. Sy ondersteun ook radikale grondhervorming en die ANC se Freedom Charter.”
Watwou! En tot onlangs het Rooi Daantjie verklaar daar is net twee struikelblokke in Afrikaner strewe na vryheid, nl Naspers en die ANC. Ook sy belofte van ’n kommunikasie vir die opstel van moontlike opsies vir ’n volkstaat wat “’n golf word wat die openbare mening onder Afrikaners oorspoel.” “Make up your mind” boetie! Weet jy enigsins of jy aan of af is?
Ek reken Rooi Daantjie is rasend van bekommernis, en probeer so hard om konsternasie onder Afrikaners te veroorsaak, om sodoende sy dalende leser-trefslae weer op te stoot van die huidige gemiddeld van 300 tot die 4 000 van sowat twee jaar en langer in die verlede getoon. Ek wonder ook of hierdie skynbare drastiese afname nie sy sak ook raak nie, dus sy weersprekende gebrabbel?
Nie net is die VF+ uitgedien nie, maar dit wil voorkom dat ou Rooi Daantije begin besef hy ook, selfs onder regse Afrikaner-geledere. Miskien verklaar dit ook die doodse stilswye van die Praag-kliek hier op SêNet. Te skaam vir hulle profeet se “blundering statements”.
Jaco Fourie

