
Foto: Canva
Verpletter
My lyf ’n ou, droë boom die takke rigied
tog, die sappe van my hart jonk, viriel
wil voel, wil droom en voluit leef.
Die band wat ons moes bind,
rafel daagliks uit.
Voel sy lyf ook krom-verniel?
Dalk net sy hart se omgee doodgevries?
Ons huwelik groei en bloei lankal nie meer.
Sonder water, toewyding sterf alles in ons tuin.
My hart soebat om te praat; ek snoer my mond.
Jou oë en hart ontken my menswees
Ek antwoord lankal net hierbo.
Hier waar die brein die hart
se seer eers uitsorteer:
te keer, die bitter seer
wat my flenters breek.
Al minder praat jy,
minder sien jy,
hoor jy my.
Ons eindig
woordeloos.

