Verlore Seun
Vlak, sonder bêreplek
het ek myself gekry
en ek was kaal
Skaamteloos het ek myself probeer verduidelik
tussen windopbreek en twak praat
Ek ken hom nie, hy bly net hier
"Twak praat" ek ken hom nie, hy bly net hier
REFREIN:
Ek weet jy is hartseer
Ek weet jy’s alleen
maar dis van heuwels klim dat jy kuite kry
my verlore seun
my verlore
Ek druk my wil in ? asbak dood
dit spartel en gee dan sy laaste kraak
Ek wil huis toe kom
my gewete wag lankal daar vir my
Ek wil huis toe kom
my gewete wag lankal daar
REFREIN
Ek kry die idee dat as die son weer kom
bring hy geboortepyne
met ? Gousblom daarin
Wel, dit is my hoop en dit is my lont
Die morestond het goud in sy mond
die morestond het goud in sy mond
Ek weet ...


