"Verlief op vanaand" deur Stefan Kruger

  • 0

Verlief op vanaand

Vanaand het ons besluit, vanaand is dit ons date
En vanaand het ek besluit, vanaand is dit ons tyd
Die aand het besluit, hy haal sy hart op sy mou uit
En so het harte oopgesluit

Ek sal jou dag laat glimlag, as jy my laat inlaat
(Vanaand, dis die aand)
En sal my beste probeer om jou als te gee en nog meer
(Vanaand)
Oulik, pragtig, mooi, jy’s als in een gegooi
en ek’s in ? ander wêreld nou
Geniet die atmosfeer om jou hart se deur
(Vanaand, dis ons aand)
Praat en lag oor alles, asof ons so mal is en dol
(Vanaand)
Lê op die gras so groen, dit is jy wat dit doen vir my
Ek is bly met jou hartklop stadig, teen my lyf, so sag, sag
(Vanaand, sal jou nooit vergeet)
Dis net tyd wat, wag, wag vir daai soen, so salig, wang teen wang
(Vanaand)
Gesels in lyftaal, ek wil saam jou val, val
omdat jy miskien gek is oor my, sien jy kans, sien jy kans?

Die weerlig speel weer met ons, die oomblik lig ons op
En ons harte het iets in gemeen
Die sterre skiet rond en bont, die goggas luister ons af
En die tyd het ons alleen gelos

Die weerlig speel weer met ons, die oomblik lig ons op
En ons harte het iets in gemeen
Die sterre skiet rond en bont, die goggas luister ons af
En die tyd het ons alleen gelos

Dit was daar waar, ek weet, vanaand sal jou nooit vergeet

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top