Verlate mynskag

  • 0

Magtige wiele
wat nooit gestaan het
se wenteling het gestaak.
Die dreunende lewe
van 'n groot gedierte
is stadig stilgemaak.

Net die kransduiwe nou
wat in die toring broei
Net die aandwind wat
deur die staalwerk loei.

'n Reuse-probeerslag
van beton en staal.
Maar sy derms is almal
uitgehaal.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top