Vêrlangs

  • 2

Foto: Canva.com

Vêrlangs
as ek
na jou verlang

skiet ek ’n pyl
uit die boog van my hart
met geloof
dat jy dit sal vang

met hoop
dat jy ook aan my sal dink,
dat jy ook vurig wens
om my lyf teen jou vas te druk.

ek wil
soos ’n tortelduif
koer in jou oor
dat ek jou lief het,
ek wil onder jou vlerke skuif
om van my seer te vergeet,
ek wil my siel aan jou toevertrou,

maar as ek
na jou verlang – 
dan bly steeds
in my hart
wat woestend bons:
geloof, hoop, liefde,
en die grootste daarvan
is die liefde wat ek vir jou het

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top