Verlang

  • 2

Foto: Canva

Verlange

Ek soek jou terug.
Gebroke... maak nie saak nie...
Ek soek jou terug

Selfsugtig? Ja, verseker.

Ek mis jou, my lewe is leeg sonder jou.
Nooit weer gaan ek jou hoor, voel, ruik, sien, proe.
My sintuie skree na jou, roep jou naam.

Weer en weer breek my hart.
Elke oggend, elke aand.
Alleen, alleen, alleen....

Krag vir die dag, asseblief, my God.
Slaap vir die nag, asseblief, my God.

Elke nag is ’n ontsnapping,
soms bring dit drome...
Ek voel jou.
Ek hoor jou.
Ek sien jou.
Ek proe jou.
Ek ruik jou.
Jy leef.

Dan skrik ek wakker.
Realiteit...
Sonder jou...
Here, krag vir nog ’n dag.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top