Hier waar wit dae gate in oë byt en
warm wolkies soos gansveertjies
uit ’n donskombers val, hier verkoop
hulle die pornografie van Son wat
uithang en bed toe gaan.
Sy laat-dag skynsels vitrioelblou ontklee
en wys sy lyf goud gebrand.
Hy gooi sy bed se geel-rooi-pienk
komberse af. Sy naaktheid lê oop
en bloot. Sy blink-blink masturbasie oor oseaan
klimaks in skuim op golwe wat kom en kom,
voor Duister sy skerm skaam-skaam sak.
Die donker grys nag, nes die wit dag,
gee ook niks om te kan verkoop, dus is dit net
wag tot Son weer uithang en bed toe gaan.


Kommentaar
Dit is baie baie mooi ...