Jy raas en blaas alweer soos ’n hondsdol muis. Omdat daar in ander lande ook hospitaal-verkragtings is, is dit dan nou aanvaarbaar as dit in SA gebeur? Duisend maal nee! Jy het geen gevoel nie man ek het spesifiek genoem die vrou het kanker en al het sy nie kanker gehad nie geen mens moet verkrag word nie allermins in die hospitaal. My vader is oorlede aan kanker en sy lyding was erg. Ek het empatie met die vrou en haar naasbestaandes; duidelik iets wat jy nie het nie. Verder sê jy ek moet SA verlaat; nou toe nou! Komende van jou wat al jare gelede weggehardloop het uit ons land, maar ek gaan nêrens man ek bly saam met die ander klompie net hier en ons maak ’n verskil.
Boer in Beton

