Verkeersligplakkaatman

  • 2

Foto: Canva

Starend smekende dowwe oë
Soekend na ewig-vlugtende hoop
Nat plakkaat wat sê:  Help asb, werkloos!
Rou kneukels alweer vodde geslaan 
Worstel met gister se geraamtes 

Droom-verlore in die grou-grys mis
Reën deurdrenk en verlate
Onsigbaar vir oë wat vermy.

 

  • 2

Kommentaar

  • Pragtig. So akuraat, en raak aan 'n mens se hartsnare. Mens wonder wat in hul gedagtes omgaan. Jy het 'n groot talent vir skryf!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top