Veritas

  • 1

Foto: Canva

Veritas

Kennis
deur jare geoes
gepers en vertrap
verfyn tot wyn

Insig
is van onbelang
stand en mooi gesig
verbottel alles

feite
veredel of vrot
alles ontaard
in veritas

  • 1

Kommentaar

  • Die term ‘Veritas’ het verskeie betekenisse, oa in Suid-Afrika is dit die mees bekende en seker ook die mees uitgelese beoordeling van wyne.
    Soos ek die werk hierbo lees word dit ook sommer aan vrot wyn toegeken.
    Dit het my laat terugdink hoedat iemand in Europa dekades gelede sekere van ons wyne afgemaak het as sou dit 'n gebranderubberreuk nalaat – die resultaat was 'n moerse kat in die prestige duiwe se hok en met groot nagevolge.
    Ek dink dit was in n destydse Afrikaanse Sondagkoerant of dalk dagblad waarin daar bespiegel was dat dit moontlik kon wees asgevolg van 'n “service delivery protest” ‘n jaar of wat tevore waartydens daar rubberbande verbrand is, ongeveer twee/drie km verder aan vanaf 'n spesifieke landgoed.
    Ek het op die internet gaan rondkyk en hierop afgekom:
    “The British wine critic Jane MacQuitty famously ignited the "burnt rubber" controversy surrounding South African red wines.
    Writing for The Times of London in late 2007, she heavily criticized the country's flagship red blends, asserting that half of them suffered from a "peculiar, savage, burnt rubber and dirt odour." Her public assertions—often discussed at international industry events and tastings—sparked a fierce, multi-year debate between European wine critics and South African winemakers. While MacQuitty argued the off-putting scent was a systemic flaw holding South African wine back from being a true "New World player.”
    En ook:
    “Many older South African vineyards relied on cheap, tar-treated creosote poles for vine trellising, which physically contaminated adjacent vines in intense Cape heat.”
    Vir verder lees:
    https://news.wine.co.za/news.aspx?NEWSID=42090
    https://winemag.co.za/wine/opinion/jamie-goode-recalling-the-burnt-rubber-controversy-what-was-the-cause/
    Vir my klink hierdie insident na ‘n voorbedagte en opsetlike daad van haar om ons edele wynboere te na te kom.
    Bekyk 'n kort inligstuk oor Sy Majesteit se Britse wyne hier: History of English Wine - Stanlake Park Wine Estate - stanlake park.com
    So, wanneer jy ‘n wyn aanskaf, kyk op die inligtingsblad aan die agterkant. Vertitas-wyne is oor die algemeen nie verouder/beleëbaar nie – dis meestal markklaar - om nou te geniet.
    Gesondheid,
    Raed-na-Gael.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top