"Vergeet van jou verlede en dink aan nou" deur Francois van der Merwe

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Staan vas, dink terug, reageer konstant
Voordat jy jouself te vining laat weg brand
Hou jou drome vas met meer as een hand
Moet nie dink aan die gewone nie, vorm ’n nuwe band
Tussen wie en wat ons werklik kan wees
Vir wat onophoudelik aanhou gebeur

Staan vas dink terug
Hou op jou rug draai
Staan vas dink terug
Vermy alles wat jou verraai

Ons kyk hoe die dae verby ons gaan
Seisoene verander en ons vergaan
Wees net kreatief
Vergeet van die negatief
Vind jouself in iets splinter nuut
Niks in die wêreld is werklik verniet

Vergeet van jou verlede
Hou aan, aanhoudend probeer
Alles om ons is wat nou gebeur

Ons gee net en gee net
Kan iemand my net red
Ons val net en val net
Kan ons net asseblief vergeet

Staan vas dink terug
Hou op jou rug draai
Staan vas dink terug
Vermy alles wat jou verraai

Al probeer jy sê, alles sal reg kom
Wil jy nog steeds hier weg kom
Jouself op die vloer neer lê
Want jy wil mos alles hê
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top