"Verdraagsaam" deur Jackie Hancke

  • 0

Verdraagsaam

Dit is skuins voor 5 en ek sit in ’n coffee shop en kyk
na die tannie langsaan wat bely
Haar vriendin knik in simpatie saam oor haar man se gedrinkery
Sy bid vir uitkoms en tot dan sal sy bly

REFREIN:
Sy is verdraagsaam
Sy is verdraagsaam

’n Man enter by die voordeur met ’n wip in sy stap en ’n pienk serp van sy
Wanneer hy vry, is mans sy voorkeur
Soos hy verbystap gee die tannie hom ’n vuil kyk

REFREIN:
Hy is verdraagsaam
Hy is verdraagsaam

Die jong girl agter die till lyk mismoedig
Haar onverwagte pregnancy het haar drome af in die drein laat gly
Sy het gedroom van ’n man op ’n wit perd
Maar nou’s daar net ’n baby on the way

REFREIN:
Sy is verdraagsaam
Sy is verdraagsaam

Seën ons land en seën verskille
What one wants is begrawe in gille
Tand vir tand is ons vinger op die sneller
Vat my hand, ’n stukkie peace for one another

REFREIN:
En bly verdraagsaam
En bly verdraagsaam
Bly verdraagsaam
Bly verdraagsaam

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top