Ek sien jy reken:
Daar is inderdaad religieë wat die uitwerking het wat jy te kenne gee en dié besoedel wel onskuldige kindertjies. Maar jou religie, die Boeddhisme, is een daarvan … dit weerhou hulle juis van die Waarheid en mettertyd word hulle soos jy.
Lyk my jy het steeds nie die mees basiese Boeddhisme onder die kniegies nie, seker omdat jy te veel tyd op jou horingrige knoppe deurbring met jou ogies bottoe?
Wydoop, en luister oompie.
Boeddha beteken bloot;
Wakkerskrik!
Dis al!
Niks meer en niks minder nie ...
Die hele heelal brand, jy brand, alles brand, wat nou?
Kinders verstaan dit dadelik.
Boeddha heul nie met allerlei valse beloftes nie.
Boeddha belowe nie ’n paradys, hemel, hel, engele, gode, duiwels, strawwe en allerhande sothede nie.
Boeddha dreig nie.
Boeddha doen nie afpersing nie.
Boeddha skryf nie voor nie.
Want ... JY is Boeddha self!
Kinders verstaan dit volkome, oombliklik, die dat hulle gedreig en afgepers en geforseer moet word WEG van hul eie waarheid af, deur mense soos jy, wat hulle koppe vol opperste stront prop, hulle denke verkerk, hulle potensiaal versteen, hulle toekoms verduister.
Jy en JULLE dwing hulle om hulself te verlaat, hulle eie werklikheid te ontken, om die heelal te leef as ’n borrel.
Julle omskep die kinders in monsters.
Gierigaards.
Boosdoeners.
Psigopate.
Robot-verbruikers.
Massaskape, blêrend in die koor, gebreinspoel, onnadenkend, afstand beheerd, helemal nutteloos.
So verwoes julle nie net die kinders nie, maar ook die hele wêreld, want hoe kan daar eerlikheid oorleef in sulke allesomteenwoordige valsheid, waar die grootste leuens aangesien word vir waarheid?
En daai leuen is BINNE jou ... die dat die woord Boeddha bloot beteken:
ONTWAKING!
ELKE KIND IS ’n BOEDDHA, VAN NATURE ONTWAAK, VAN NATURE LEEF HULLE IN DIE WAARHEID ... totdat hulle geleer word om te lieg ...
Hou op om vir jouself te lieg Kobus, jy kan meer wees as dit ... of minder ...
Francois Williams

