Wouter, smaak my jy rehabiliteer, maar weet nie hoe nie?
Laat ek jou dus uithelp.
Hoekom skryf jy nie vir ons breedvoerig die oorsake wat nou lei tot die totale ineenstorting van jou baken van die beskawing, die EU nie??
Ek meen, daar is tog seer sekerlik heelwat om te seg of hoe?
Hoe is dit dan dat ’n blok van baie honderde miljoene blankes, mense met hogere opvoeding, beskawing, demokrasie, inbors en wie weet wat nog, sommer net so, oornag, tjoef-tjaf bankrot kan gaan?
Wat het alles waar verkeerd geloop?
Tot onlangs toe was die gebied, in jou eie woorde, die bakermat, dan nie?
Hoe is dit dus moontlik dat dit in die wink van ’n oog ALLES kon verkrummel het?
Of het jy dalk die skrif gelees teen die vergulde dakke, maar niks gesien op die toiletvloere nie?
How did you you mis-underestimate it so badly?
In GW Bush se gevleuelde woorde ...
Ek meen, wonner jy nie ook nie?
Wonner jy nie of dit alles maar ’n hersenskim en lugspieëling was waaraan jy so koppig bly vasklou het nie?
En was jou knieruk-reaksie van die vae vrees dat jy verkeerd mag wees, nie om instinktief alles wat Afrika is te veroordeel en af te breek nie?
Nou, ironies, word al jou wille woorde oor Afrika waar, maar dit word waar in die EU!!!
Die EU, noorde van die Sahara huh!?
Kan jy nou in alle eerlikheid vir ons asb uitleg, die paadjie wat nou gevolg sal moet word in die EU, om algehele chaos, opstande, enorme proteste, en uiteindelik burgeroorlog te vermy?
Italië is reeds nie meer ’n demokrasie nie, sien ek, beteken dit die mense van die EU is siek van hul eie demokrasie?
Alhoewel darem sien mens ook dat België nou die eerste keer in omtrent 600 dae weer regering het.
En Duitsland en Frankryk is die laaste twee dominoes wat nog staan ... dui asb aan hoe burgeroorlog, en dalk WO3 afgeweer moet word, want dis snel aan die kom ... sela ...
O ja, en los maar Afrika SUID van die Sahara vir my, ek weet presies wat om met dit te doen ... maar ek wag vir JOU oplossing vir die gebied NOORD van dei Sahara ...
Francois Williams

