"Verbeelding" deur Lisette Snyman

  • 0

Verbeelding

Ek verbeel my saam met jou
êrens op die Franse platteland
Kliphuisies met dik mure
wingerde aan die anderkant

Langs die Loire-rivier hang
druiwetrosse karmosynrooi
of liggeel in die son
Byna deurskynend mooi

Roesbruin blare tussen
sagte groen rankloot
Wingerdstok so draai-draai
sy nuwe botsels stoot

Moederstokke in ? ry
geplant in vrugbare grond
Opbrengs van druiwetros
Somersmaak in die mond

Ek wil jou die dorpies wys
van Chavignol en Sancerre
Waar mens druiwemandjies
van gevlegte lote kry

Ek wil by jou só graag
? wingerdsoen hê
Waar roesbruin blare
oral om ons enkels lê

Met sjampanje vir brekfis
vars croissants oopbreek
Ons eie wingerdstokkies
in Franse grond gaan steek

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top