Verbeelde tuiste

  • 1

in tuistes sonder bure
in kamers sonder mure
onderbreekte hol gesprek
‘n skakel, virtuele ek

in koffielose kuiers
geskermkunste sluiers
gebrokte teks gewaad
grensloos kuberkameraad

praat lintloos
kyk indoos
skryf loodloos
sê taktloos

tik inkloos
raak tasloos
blaai bladloos
soek troos

pols is nou die knop,
aar, digitale klop
bestraling is viraal
tablette kardinaal

onsigbaar slim geheue gepleeg
die toekoms argeologies leeg

  • 1

Kommentaar

  • Sjoe. Dit laat mens dink.  Wat jy aanvanklik dink, verander telkens met die herlees en nuwe insigte volg.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top