Feesgangers wat op Saterdag, 9 Maart na die Drostdy-Hof Blues in De Vette Mossel wil gaan luister, moet asb. daarop let dat dit om 21:00 begin (en nie om 19:00 soos in die feesprogram aangedui nie).
Drostdy-Hof Blues @ De Vette Mossel
Kom weer na die gewilde laataand jolkol van die fees, met yskoue wyn, vuurwarm blues, sagte seesand onder en ? sterrehemel bo. Om nie van die sappige seekos en gesellige Vette Mossel-gasvryheid te praat nie. Die legendariese Drostdy-Hof orkes vorm die ruggraat van die sessies: Dale Collins, Simon Orange, Rob Stemmet en Wayne Pauli. Vang hulle elke aand saam met ’n vars gaskunstenaar:
Maandag, 4 Maart – Gerald Clark en Luna Paige
Dinsdag, 5 Maart – Francois van Coke en Jedd Kossew
Woensdag, 6 Maart – Les Javan
Donderdag, 7 Maart – Matt Woosey
Vrydag, 8 Maart – Ryno Velvet
Saterdag, 9 Maart – Harpdog Orange en Dave Ferguson
4, 5, 6, 7, 8, 9 Maart 21:00 | De Vette Mossel | 120min | R20

