Verander Pretoria na Ndlela Deel I

  • 0

Pretoria is weer in die nuus oor ’n moontlike naamsverandering. Pretoria is na Andries Pretorius vernoem.

Pretorius was in ’n politieke alliansie met prins Mpande. Prins Mpande was in ’n opvolgstryd met koning Dingaan gewikkel.

Umgungundlovu was die hoofstad van koning Dingaan, wat hy vir sy veiligheid laat bou het, nadat hy koning Shaka vermoor het in die se opvolgstryd.

Umgungundlovu se soldate was soos oshorings gestasioneer, die linkerhoring onder Dingaan se generaal Ndlela, en die regterhoring onder Dambuza. Die oshoringformasie was standaard militêre strategie. Die twee horings het altyd van twee kante aangeval. Tweefront-aanvalle was ook in moderne Europa die mees suksesvolle militêre strategie, en het die uitkoms van WOII bepaal.

Die weg na Dingaan se Umgungundlovu-enklawe het deur Italeni geloop. Italeni se natuurlike nekvernouïng kon ruiters of ossewaens slegs in ’n dun lyn deurlaat. Potgieter en Uys moes Umgungundlovu via Italeni aanval. By Italeni is die berede trekkerkommando egter gestuit. Tydens die slag van Italeni het Uys en sy seun Dirkie gesneuwel. Potgieter het na Italeni alle moed om Umgungundlovu te bereik en Dingaan te onttroon verloor, en daarom die trekideaal van ’n republiek in Natal laat vaar ...

In die plek van gestorwe, gesneuwelde en weggetrokke trekkerleiers, het ’n jonger Andries Pretorius na Natal toe gegaan, met die doel om Dingaan te onttroon.

Pretorius se wa-kommando moes ook deur Italeni gaan om Dingaan in Umgungundlovu te onttroon. Pretorius het egter nou geweet dit kan nie werk nie, en was verplig om ’n politieke plan te beraam. Om the Italeni probleem te oorkom, het Pretorius tot Dingaan se opvolgstryd toegetree.

Koning Dingaan het sy generaal Ndlela herhaaldelik opdrag gegee om prins Mpande as opvolger tot die troon te vermoor. Generaal Ndlela was egter aan prins Mpande se kant. Generaal Ndlela wou met prins Mpande ’n kontinue koningshuis vestig, om voortdurende ontwrigtende opvolgstryde soos die tussen Sjaka en Dingaan, en Dingaan en Mpanda ten einde te bring.

By die slag van Maqongqe teen die Mpande-Pretorius-alliansie, het Dingaan se generaal in die geheim aan die kant van Mpande-Pretorius geveg, deur nie sy regimente tegelykertyd in oshoringformasie te laat aanval nie. So het Ndlela opsetlik die oorlog vir Dingaan verloor, maar vir Mpande-Pretorius gewen. Dingaan se gevegswaarnemers het dit egter raakgesien, en generaal Ndlela se verraad aan Dingaan gerapporteer. Toe Dingaan van generaal Ndlela se verraad by Maqongqe te hore kom, het hy sy generaal tereggestel en verder gevlug.

By die voorafgaande slag van Bloedrivier het Dingaan se generaal Ndlela presies dieselfde ding as by Maqongqe gedoen – aan die kant van Mpande-Pretorius geveg. By Bloedrivier het die regimentshoring van generaal Ndlela, nie die Ncome-rivier oorgesteek om Pretorius se laer aan te val nie. Slegs die regter-regimentehoring onder die ondergeskikte Dambuza is in die donker nag oor die rivier gestuur, en die oggend van 16 Desember voor die kommandolaer laat sit.

Vervolg ...

Rad Doodt

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top