Venus en Jupiter in die aandhemel

  • 3

Gisteroggend (Woensdag 1 Julie) moes ek op RSG hoor dat Jupiter en Venus wat lyk asof hulle baie naby mekaar is, in werklikheid miljoene ligjare (ipv km) van mekaar verwyder is. Jupiter is tans ongeveer 12 (11,875) keer verder as Venus van die aarde en Venus is 10.568 keer helderder as Jupiter. Ek sluit ’n skets in waaruit duidelik afgelei kan word waarom dit lyk asof hulle na aan mekaar is. Die skets is vanselfsprekend nie op skaal nie. Hou hulle bewegings gerus dop .

Panda

JupitrVenus20150701

 

  • 3

Kommentaar

  • Ek het ook die 'miljoene ligjare' gehoor en niemand sê eers na die tyd ekskuus nie.
    Mens kan ook nie sê hoe ver die een planeet van die ander is nie behalwe nou as jy 'n sekere datum in gedagte het. Die afstand tussen enige twee gaan wissel van wanneer hulle oplyn met die son (selfde kant) en wanneer hulle weerskante van die son is.

  • Kobus de Klerk

    Afgesien van die kommentaar op RSG oor die afstand van Jupiter wat waarskynlik foutief was omdat die spreker, wat andersins 'n 'kundige' is, hom waarskynlik met verkeerde terminologie uitgedruk het, dui die voorbeeld tog op 'n baie belangrike aspek wat ek die hele tyd weergee - die kwessie van optiese illusie en die indrukke wat dit skep.
    Die werklike effek van die afstande word geneutraliseer deur die spesifieke posisies van die planete, wat dan tot gevolg het dat hulle by mekaar is maar inderwaarheid honderde miljoene kilometer uitmekaar verwyderd is.
    Net so is dit moontlik dat dit wat as Jupiter en sy mane hier van die aarde af aangesien word, ander hemelliggame is wat 'helder' sigbaar is maar inderwaarheid baie nader is as wat gemeen word, weens die optiese illusie wat net so werk in daardie geval.
    Selfs Panda se illustrasie weergee die massas ander lig-reflekterende hemelliggame. Dit is waarskynlik dat 'n paar van die werklike hemelliggame vir so 'n optiese illusie verantwoordelik is vir wat amateurs hier van die aarde af 'sien'. Tensy daar fisies gekontroleer word, kan die moontlikheid wat ek weergee, nie uitgeskakel word nie. Net fisiese kontrole kan die standaard teorie bewys.
    Kobus de Klerk

  • Ai tog Kobus

    Hoe langer jy aangaan ... Jupiter en sy mane is wetenskaplik geïdentifiseer en tree op soos voorspel. Jy beweer dat die hele wêreld se sterrekundiges 'n klomp morone is en dat dit slegs 'n optiese illusie is.
    Jou bewering mag waar wees maar jy moet dit bewys. Jou onwetenskaplike uitlatings hier op die Sê maak jou allermins iemand wat ernstig opgeneem moet word. Kyk vir een maal deur 'n regte teleskoop en bewys jou bewerings.
    Nog makliker - erken dat jy 'n klomp ondeurdagte twak kwytgeraak het en ons mag dalk respek vir jou optrede kry.

    Groetnis daar in Kammaland

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top