Vensters na haar hart
In haar eie wêreld sit sy en droom onder die maan, en die maan en die sterre. Sy dink aan die tye toe sy nog gelukkig was. Sy dink aan die prentjies wat ’n skildery vorm diep in haar verbeelding en wonder of die vensters van haar hart ooit weer heel sal wees!
Koor
Die vensters van haar hart is gebreek en oop vir hom om daar in te gaan.
Die vensters van haar hart is gebreek en oop vir hom om haar weer gelukkig te maak.
Die vensters van haar hart is gebreek en oop vir hom om haar weer te laat lag.
Die vensters van haar hart is gebreek en oop vir hom om haar weer heel te maak.
Vers2
In die verte hoor hy die glas en sien haar gebroke spieëlbeeld. Hy weet hy wil haar gelukkig maak. Hy weet hy wil haar heelmaak. Hy weet hy wil haar laat lag. Hy sien haar lewe in die water se refleksie, ’n refleksie na hulle siele, soos die maan op hom skyn.
Koor
Die vensters van haar hart is gebreek en oop vir hom om daar in te gaan.
Die vensters van haar hart is gebreek en oop vir hom om haar weer gelukkig te maak.
Die vensters van haar hart is gebreek en oop vir hom om haar weer te laat lag.
Die vensters van haar hart is gebreek en oop vir hom om haar weer heel te maak.
Vers 3
Hy gaan daar in en maak haar lag. Hy gaan daar in en maak haar gelukkig. Hy kyk in haar oë en regdeur na die vensters van haar hart, en so word alles heel. Dis ’n liefdeslied vol eindelose geluk.
Koor
Die vensters van haar hart is gebreek en oop vir hom om daar in te gaan.
Die vensters van haar hart is gebreek en oop vir hom om haar weer gelukkig te maak.
Die vensters van haar hart is gebreek en oop vir hom om haar weer te laat lag.
Die vensters van haar hart is gebreek en oop vir hom om haar weer heel te maak.
Brug
Hy gaan daar in en maak haar heel, want die venster na haar hart was gebreek.
Hy gaan daar in en maak haar heel, want die vensters na haar hart was stukkend. (x2)
Vers 4
Saam het hulle mekaar verstaan, saam gelag en saam gehuil, saam gereis na die sterre die maan. Saam het hulle gedans en so die vensters na hul harte heelgemaak. En so die vensters na hulle harte heelgemaak.
![]() |