Veg vir jou
Soos jy langs my lê en slaap kan ek vir ewig na jou staar
Hoe jy jou drome deur jou oë beleef
en jou liggaam dit vertaal
dit vir my vertaal
En soos die sonstrale jou lyf trotseer
om die nag se bande te verbreek
Moet ek myself keer
want ek’s nie meer in beheer
REFREIN:
Maar uit jou drome ontwaak jy nie
en soos die stilte my omvou
vir die eerste keer weet ek nou
Ek sal veg vir jou
Ek sal veg vir jou
Ek sal veg vir jou
om jou vir ewig by my vas te hou
En soos jou oë oopgaan staar jy dwarsdeur my
As ek dit kon keer sou ek in elk geval nie
Want ek is tevrede, verlore in jou hare
Beskermd in lakens wat tussen ons dans
as ons tussen lakens dans
REFREIN
Ek weet dat tyd jou eendag by my sal kry
maar ek sal vir jou baklei
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


