vásgeprent

  • 0

hakke plat.
voete vorentoe.
skouers op die plek rus.
als uiteindelik mooi gecontain en …
béárable

maar toe kom jy met jou
photoshop woorde
en vee die grond wat ek
so mooi so lank al hark
reg onder my uit

en klik-klikketie-klik
lig jy my arms
hoog hoog op
soos vlerke
suspended in the air

koppie skeef kyk jy
maar sien nie deur jou eie design
maak eerder die venstertjie toe (sonder om te save)
- poinggg sê die afsitknoppie

en my seerste skree sit stil vasgevries in die stikdonkerscreen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top