"Vanaand gaan ons groot" deur Jacobus Engelbrecht

  • 0

Vanaand gaan ons groot

REFREIN:
Vanaand gaan ons groot
so kry ? bietjie lood in jou potlood
Vanaand gaan ons groot
ja, vanaand laat ons dinge kook

Dit is Vrydag, jy is gefrustreer
Jou baas het jou geïrriteer
Vergeet van hom, laat jy kom
Ons gaan kuier tot die son opkom
Trek jou geldjie, gooi petrol
Ons kuier die hele dorp vol
Sê goeienaand, skud my blad
Vanaand gaan die modder spat

REFREIN

? Lekker drankie, met eish ja
Sê my wie gaan my huis toe dra
Op die dansvloer, sonder skaam
sing ek elke liewe liedjie saam
Ek kuier hard, jy moet leer
niks gaan my vanaand keer
Sê goeienaand, skud my blad
Vanaand gaan die modder spat

REFREIN

BRUG:
Mens lewe net een keer, so gaan voluit
daar’s niks fout met ? drankie en bietjie jolyt
Mag hy val waar hy wil, net nie op die grond nie
want vanaand gaan ons groot en ek lieg nie met my mond nie

REFREIN (x2)

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top