Van tandmuis tot aardverwarming: Almal glo aan iets

  • 0

Stem saam met Maya, alle mense neig om te glo, ook ongelowige Thomasse.

Van die wêreld se mees rasionele en intelligente mense het minder as ’n dekade gelede nog geglo aan ’n nuwe Amerikaanse eeu. Dit het toe so seker gelyk.

Die dood lyk net so doodseker. Miljoene slim mense glo aan die dood. Tog bestaan dit wetenskaplik-wiskundig gesien nie in ons kwantum-multiversum nie.

Een slim Bybelskrywer weet te vertel: geloof gaan oor in aanskoue. Dus geloof verdwyn weens kennis.

Kennis in die Weste het baie vermeerder, maar geloof het nie net afgeneem nie, maar ook toegeneem, soos deur Comestor beskryf in sy kommentaar op The Closing of the Western Mind.

Oswald Splenger en andere het geglo ’n beskawing of hoë kultuur is ’n organisme soos ’n mens: hulle word gebore in geloof, word groot en rasioneel, gaan deur beskawingskrisis, en keer dan op hulle ou dag terug na geloof en gesag.

Gedurende die 21ste eeu sal daar baie rampe, krisisse en moderne onsekerhede wees, veral in die ondergaande Weste, ondermeer in Suid-Afrika, en onder sulke omstandighede keer mense graag terug na geloof en gesag. Die Arabiese kultuur, Islam, het dit ook gedoen.

Lekker glo almal!

Ran Doodt

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top