Beste Jan,
Oneindig is wel 'n getal in wiskunde. Geskiedkundig is oneindig 'n Westerse getal.
Jy kan oneindig plus of minus, en maal en deel.
Hoe het die Weste gekom van oerknal-enkelvoudigheid tot oneindig?
Die Westerse priester en religieuse gelowige George Lemaitre het die oerknalteorie, die uiteensetting van die heelal ontdek.
Daarna het Alan Guth en Andrei Linde daardie oerknalteorie gemodifiseer deur 'n tydperk van weghol-inflasie by te voeg.
Dit weet jy, Jan.
Guth en Linde trek nou by ewige en chaotiese inflasie: dit is oneindige inflasie met 'n oneindige heelal, sowel as 'n oneindige aantal heelalle - dit is die multiversum.
Met hierdie oneindighede kom die groot gevaar: die verligte Weste se kosmologie, grens nou weer aan irrasionele religie, met 'n gevolglike kulturele terugkeer na geloof en gesag.
Hierdie voortsnellende neiging het politiek-maatskaplike implikasies, ook vir die Afrikaner, wat die heel laaste Westerse volk was wat rasionalisties verlig geraak het, en dit maar relatief onlangs.
Groete
Ran Doodt

