Thomas, jou vraag: "En julle oplossing vir een-mens-een-stem waartoe die meerderheid van ons bevolking hulle sou verbind was nou weer??" het ek al baiemaal geantwoord. Hier's hy weer: Demokrasie, met ander woorde, regering vir die volk deur die volk. 18/12
Wanvoorstelling van die definisie van demokrasie: “regering vir die volk deur die volk”. Die oorspronklike definisie lui: “Government for the PEOPLE by the PEOPLE” (Andersyds gestel: “Regering van die gepeupel deur die gepeupel”)
“Wat 'n volk NIE is nie, is 'n diverse groep mense saamgegooi in 'n arbitrêr-begrensde gebied.” 18/12
Korrek. Hierdie diverse groep mense gesamentlik vorm ‘n NASIE. Die Zulu-volk; die Xhosa-volk; die Afrikanervolk, ens, gesamentlik vorm die SA NASIE, en as sodanige erkende demokrasie is dit ‘n geval van regering van die gepeupel deur die gepeupel. Volke is hier nie ter sprake nie.
“So, Thomas, die kort antwoord is outonome state, presies soos Swaziland en Lesotho byvoorbeeld reeds is” 18/12 (met verwysing na voorbeelde van ‘n homogene volkstaat, met die vooruitsig van sodanige moontlikheid vir die Afrikaner).
Onlangs skryf Jan dat die SA-bevolking eintlik 80mil (duimsuig), en die Afrikaner 4mil (ook duimsuig). Nou met ‘n 5% van die totale bevolking (Jan Rap se redenasie) sien hy nog kans vir ‘n outonome Afrikaner-volkstaat. Selfs sy mentor Roodt het in ‘n onlangse rubriek tot die uiteindelike slotsom gekom, hy weet self nie meer waar sodanige volkstaat in SA te vinde gaan word nie. Teenoor my het Jan geskryf: “As jy wat Jaco is teen ’n volkstaat is, is jy bloot dikvellig;” 18/10
“In jou kommentaar sê jy ook Dan Roodt sê Afrikaners is dom. Jy lees alweer verkeerd of jy verdraai sy woorde” 5/12
HeHe! Hiermee beweer Jan ek lieg. Om Roodt direk te kwoteer: “Die gemiddelde Afrikaner het egter so dom geword dat hy geen idee meer het waarom die geweld plaasvind nie”. 29/11. Wat sê jy nou daarvan Jan? Jy wat so graag oor die euwels van “ad homonie” praat, my dikvellig asook vir ‘n leuenaar voorstel! En jou mentor Rood wat oa sê: “Zille, die wit Engelse miesies”, “ellendige klomp hanskakie-Afrikaners”, om net ‘n paar onlangse “ad homonie” voorbeelde te noem.
“Jy (Jaco) het my ook al daarvan beskuldig dat ek sê die Afrikaners is dom” 5/12
Verwysend na ander Afrikaners wat versoening met die swartes verlang, skryf Jan: “Hoe vermetel (en dom!)” 8/1 Let wel, amper ‘n maand later na sy stelling onmiddellik hierbo.
Jan het al vele kere in die verlede gesê Roodt is ‘n Afrikaner wat die waarheid verkondig, ‘n waarheid wat ander nie kan weerlê nie. Voorbeelde van Roodt se blatante leuens wat hy geen moeite aanwend om te probeer. bewys nie:
“Die DA, wat ‘n blote instrument van Groot Brittanje is, wil sien dat daar konflik of onstabiliteit uitbreek, waarvoor sowel Zuma as die “regses” (eintlik gekkegrensers) geblameer sal word.
Ons sien hoedat Zille, die wit Engelse miesies, vir haar sommer ‘n bruine en ‘n swarte gekry het, by name Patricia de Lille en Lindiwe Mazibuko, om ‘n “swart front” voor te hou. 21/12
Zille en die res van die Engelsgesindes in haar party - waaronder die ellendige klomp hanskakie-Afrikaners - kan nie wag om swartes teen ons te monster nie. 21/12
Zille en haar imperiale Britse ambisies om Suid-Afrika te beheer en verder van sy hulpbronne te stroop. 21/12
Daar mag ‘n Derde Vryheidsoorlog kom, maar as dit aanbreek, wil ek sien dat die Russe en die Zoeloes aan ons kant veg, téén die Engelse 21/12
Die gemiddelde Afrikaner het egter so dom geword dat hy geen idee meer het waarom die geweld plaasvind nie. 29/11
Oor die afgelope twee dekades het Naspers die Nuwe Dogma met fanatiese ywer aan ons opgedring, die dogma dat Suid-Afrika as "Klein Britse Ryk" alle inwoners binne sy grondgebied naatloos sou integreer en van 'n nuwe, Afro-Engelse identiteit sou voorsien. 29/11
Maar Zille sit bloot 'n Kaapse tradisie voort. Soos Cecil John Rhodes voor haar, sal sy sê: "Die Afrikaners is nie my vriende nie. Ek gebruik hulle net. En as ek met hulle klaar is, smyt ek hulle weg."29/11” (‘n onlangse Beeld peiling oor Hellen, toon die meerderheid Afrikaners hou daarvan wat sy vermag).
En O ja. Onlangs skryf Roodt dat Afrikaanse joernaliste op die Nasionale Intellegensie Raad se betaalstaat is !!!
En wie is hierdie Roodt nou eintlik. Hy skryf oor homself; “Daar is vele mense wat my steeds kwalik neem dat ek nie destyds militêre diensplig gedoen het nie” 21/12
Terwyl sy mede Afrikaners in Angola gesterf het het hy Frankryk toe uitgewyk. Hy wat Afrikaners verkwalik wat op Engelse Universiteite studueer, studueer self op Engelse en Franse Universiteite. Wat van Afrikaner Volkstaat gedurig praat, en sy haat vir die Engelse gedurig ten toonstel, verkies self om tussen die Engelse te woon en nie saam onder sy eie volksgenote nie. Praag sy persoonlike besigheid, ‘n addisionele bron van inkomste vir himself, met gekkegrens Afrikaners sy teikenmark. (Alhoewel met die drastiese afname in leserstal, 'n ekonomiese knou vir homself.)
Was dit nie tragies nie, sou dit lagwekkend gewees het.
Jaco Fourie

