Vals Hoop
Ek lê in my bed en wonder hoekom het alles verkeerdgeloop
Het ek iets verkeerd gedoen, of was dit maar net vals hoop?
Ek dink terug aan wat ek kon doen om alles verder te vat
maar nou gee ek myself die skuld, want my gevoelens was in die pad
Ek skree op na die hemel daarbo en vra hoekom is ek lief vir jou
Ek wou vir jou perfek wees, maar ek het my eie graf gegrou
Ek was verlief op jou oë, jou glimlag en jou gees
maar na alles wat ons gehad het, was hierdie my grootste vrees
Ek het nie net vir jou, maar ek het ook ? vriendskap verloor
Dis hoekom dit so lank vat om al die pyn weg te smoor
Ek sou enige iets vir jou doen, want ek het vir jou omgegee
Nou probeer ek my bes om al die gevoelens weg te vee
En nou staan ek hier alleen, in hierdie oorbevolkte land
Met net jou in my gedagtes en met ? drink in my hand
Daar is niks wat ek oor spyt is nie, want ek sou alles weer doen
van die eerste ontmoeting, tot die laaste soen
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


