Vadersdagvreugde

  • 0

En toe, hoe was jul Vadersdag? Dis mos iets anders as 'n verjaarsdag. Ja, ek weet, vir baie is dit net 'n “geldmaakdag”, ook maar net omdat hy nie selfvertroue het dat hy onthou gaan word nie. 

En ek het nog nooit 'n sokkie of sakdoek op Vadersdag gekry nie. Ook niks se onlangse ge-"made in China" nie. Slegs die lekkerste bottels rooiwyn uit "Western Cape Wine of South Africa" - ja!

Skoonseuns en eie seun wat die braai doen! En 'n grootste Vadersdag geskenk, my jongste en enigste seun, wat sy eerste, 'n seun, na Oupa se huis toe bring – op sy eerste Vadersdag. En hoe ougat is nie – hy van oer-oupagrootjie al langs die lyn af tot nou, almal met die hemelblou oë.Is daarvan seker dat my assies nie herwaarts of derwaarts gestuur gaan word nie. 

Dan weet hulle ook ek hou daarvan om iets lekkers agter op 'n geskenkbottel te lees, soos hierdie een:

"The weight of the sun on your hands,
a sudden smell of wetness on stone,
the shrillness of a bird call,
a circling of ants or how quickly the morning star retreats,
what we observe as much as how we observe,
shapes our understanding,
and makes us who we are."

Praat van assies rondstuur – hulle stuur toe, vlak voor Vadersdag, Stephen Hawking se stem, vasgeplak op 'n elektro-magnetiese golf na die naaste "blackhole" (swart gat op Afrikaans) toe – vir wat, om daar in die niet te gaan versink, of om deur te breek na 'n ander dimensie? Want ek wonder hoekom sy familie sy "assies" na 'n donker alles vernietigende “gat” toe stuur?

Hy 'n ateïs, wat gewonder het oor "Who created God", en oor die ontstaan en bestaan van dit alles, wat bespiegel het oor die moontlikheid van nie slegs hierdie heelal nie, maar oor "multi-verses"  – om verby sy eie vraag te kom, het vir seker by nou die antwoord. (Verbeel jou, hulle stuur jou assies na 'n "gat" toe ... he?)

Wat my terugbring by die volgende op 'n ander bottel: "The more we discover, the more we know there is to discover."

Groetnis

Raed-na-Gael

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top