Vadersdag by Simonsig

  • 0

Verras die man van die huis met ’n aksiebelaaide Vadersdag by Simonsig wanneer hierdie gewilde Stellenbosch wynlandgoed alles uithaal om seker te maak Pa kry die bederf wat hy verdien op Sondag, 17 Junie 2012.

Avontuurlustiges op soek na ’n Vadersdag-uitstappie van ’n ander aard kan die adrenalien laat pomp met ’n 4x4-avontuur deur die Simonsig-wingerde op die Land Rover Experience-roete gevolg deur ’n sappige 350 g lendestuk met lekker skyfies by Cuvée Restaurant. Hierdie pretrit deur die wynlandprag bied die ideale gesinsvermaak op Vadersdag en sal opnuut die gemoedere in ’n hoër rat plaas wanneer Pa agter die stuur klim van ’n nuwe Land Rover vir ’n naelbyt 4x4 sessie op die plaas se hindernisbaan.

Die Vadersdag Land Rover Experience 4x4 roete teen slegs R780 per pa sluit ’n gratis Vadersdagete in en is slegs op Vadersdag beskikbaar. Passasiers betaal R150 elk en kry ’n R100 Cuvée Restaurant-koopbewys.  As die 4x4 roete te veel is, kry pa’s die spesiale vergunning om aan die Vadersdag-lendestuk teen slegs R120 te smul terwyl die res van die gesin van Cuvée se winterspyskaart af kan bestel.

Besprekings is noodsaaklik! Vir meer inligting oor die Land Rover Experience-roete op Vadersdag by Simonsig, skakel Estelle Versfeld by Tel: 021 852 0728, via epos: estelle@landroverexpwp.co.za of besoek www. landroverexpwp.co.za.

Om jou tafel by Cuvée restaurant te bespreek, skakel Tel: (021) 888 4932 of stuur vroegtydig ’n epos na cuvee@simonsig.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top