Cornelius Henn het anderdag genoem van die “cross-dressing” ooms met die rooi klere. Dit het my aan die peins gesit, want daar is ’n paar dinge snaaks aan die oompie met die rooi klere.
Sien, die Afrikaners praat van Vader Krismis, of Sinterklaas. Dit kom van Santa Claus. Nou die titel Santa word gebruik vir vrouens en San vir mans. Soos in San Fernando en Santa Barbara.
Nou kom die vragie by my op, hoekom word die oom in rooi in vroulike terme aangespreek, is hy ’n man of ’n cross-dressing vrou? Of is hy ’n man wat graag ’n vrou wil wees?
Of dalk is dit bloot omdat die name Santa en Satan nader aan mekaar is.
Ek sê maar net, soos gewoonlik.
Duitswester

