US Woordfees 2015: Frats

  • 0

 

Frats het op Vrydagaand die 6de Maart 2015 om 20h30 by die Klein Libertasteater op Stellenbosch geopen. Die toneelstuk vorm deel van die US Woordfees. Dan volg nog net twee optredes: Saterdag om 17h en Sondag om 11h. Dit is voorheen suksesvol opgevoer by die Innibosfees, Nelspruit. Francois Jacobs is hiervoor benoem as beste opkomende akteur. Die teks is deur die sensasionele Wessel Pretorius. Die pa-seun kombinasie van Viljé en Albert Maritz voltooi die vierman, met Adriaan van As wat tegnies bystaan.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top