US Biblioteekpraatjie: Sonja Loots in gesprek met Floris van der Merwe

  • 0

U word vriendelik uitgenooi na die US Biblioteek- en Inligtingsdiens se volgende Boekpraatjie:  Sonja Loots in gesprek met Floris van der Merwe.

Sonja se boek Sirkusboere (Tafelberg, 2011) is geïnspireer deur Floris se boek Die boere-sirkus van St. Louis (1904) wat in 1998 verskyn het. Breedweg handel dit oor die sirkusbaas Frank Fillis wat ná die Anglo-Boereoorlog ’n sirkusvertoning van die oorlog na die Wêreldtentoonstelling in St. Louis, Amerika geneem het. Sirkusboere is onder meer bekroon met die Eugène Marais Prys en die M-Net Prys.

Sirkusboere is Sonja Loots se tweede boek ná Spoor wat in 1995 verskyn het. Floris is ’n afgetrede US professor in Sportwetenskap en bekend vir sy navorsing en skrywes oor Sportgeskiedenis, bv Matieland is rugbyland, 1980-2006, Sport en spel in die boerekrygsgevangenekampe tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 en Die Helleense erfenis: oorsprong en program van die antieke Olimpiese Spele.

Plek:
Personeelkamer van die JS Gericke Biblioteek
Datum: 28 Mei 2013
Tyd: 12:50
Toegang is gratis. Almal welkom. Bring jou eie middagete. Sap sal voorsien word.

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top