Uitwysing van rugbyspelers

  • 0

Ons kla gereeld dat NZ/AUS-spelers met moord wegkom in tuiswedstryde omrede hul eie derde skeidsregters hul foute oorsien en sodoende word hul ook nie benadeel om moontlik geskors te word vir ’n volgende wedstryd(e) nie.

Is dit nie wat met Jannie du Plessis gebeur het Saterdag na hy vir Bakkies met die skouer geloop het terwyl die (hulpeloos om homself te beskerm), hom aan die kant van ’n losskrum bevind het?
Ek het nie simpatie met Bakkies nie, hy het te veel dieselfde gedoen, maar is telkemale uitgewys.

Indien Jannie uitgewys sou gewees het, sou dit moontlik sy verdere deelname vir die Bokke in die wiele gery het.

Pieter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top