
Regterbrein-denke. Kreatief, intuïtief, avontuurlustig, verbeeldingryk en spontaan. Die tyd is ryp om leiding te neem en proaktief te wees sonder arrogansie. Sukses is gewaarborg as jy reg optree. Hoe tree mens reg op? Met liefde, medemenslikheid, regverdigheid en wysheid. Maklik, nè?
As al die lyne veranderend was, geld die volgende:
Die drake vlieg deur die lug. As hulle hul koppe wegsteek en nie vuur spoeg nie, sal dit goeie geluk bring.
Die perfekte balans tussen aggressiewe optrede en ’n kalm, deernisvolle houding. Werk hard, maar moenie jouself ooreis of op ander trap om te kry wat jy wil hê nie.
Klik hier om 'n uittreksel in PDF-formaat af te laai.




