Die PUK-Kanselierstrust is in 1994 opgerig met fondse wat FW de Klerk, destyds staatspresident en kanselier van die PU vir CHO, uit sy Nobelprysgeld as aanvangskapitaal geskenk het. Die oogmerk was van meet af aan om die fondse aan te wend vir die behoud en uitbou van Afrikaans as wetenskapstaal, veral wat die taal se hoër funksies betref.
Personeel en studente van Suid-Afrikaanse universiteite word uitgenooi om aansoek te doen om befondsing van akademiese projekte wat tot publikasies in Afrikaans sal lei of wat die gebruik van Afrikaans as wetenskaplike taal op ander wyses kan bevorder.
Toekennings deur die Trust sal normaalweg nie R20 000 per jaar oorskry nie.
Let Wel: Aansoeke om beurse vir graadstudie word nie oorweeg nie.
Aansoeke moet vergesel wees van:
- ’n volledige uiteensetting van die beplande projek,
- ’n opsomming in ’n enkelbladsy, en
- ’n detailbegroting (met ’n aanduiding ook van ander befondsers).
SLUITINGSDATUM: 29 Februarie 2020
Aansoeke moet per e-pos gestuur word aan: Kobie.VanAswegen@nwu.ac.za
Waar toekennings gemaak word, sal die fondse met ingang April 2020 beskikbaar gemaak word. Daar word van ontvangers van toekennings verwag om by die publikasie van die navorsingsuitsette wat ondersteun is, toepaslike erkenning van die ondersteuning aan die PUK-Kanselierstrust te gee.
Navrae oor Die PUK-Kanselierstrust se werksaamhede kan aan die trustees gerig word by:
Prof Wannie Carstens: Wannie.Carstens@nwu.ac.za
Prof Thys Human: Thys.Human@nwu.ac.za
Prof Bernard Odendaal: Bernard.Odendaal@nwu.ac.za
Me Rolien Roos: Rolien.Roos@nwu.ac.za
Prof Francois Venter: Francois.Venter@nwu.ac.za
Prof Susan Visser: Susan.Visser@nwu.ac.za

