
Die FAK-kantoor in die Wes-Kaap nooi jou uit na ’n gedenklesing deur die kultuurhistorikus en erfeniskonsultant Matilda Burden oor die lewe, werk en bydraes tot taal en kultuur van ’n bekende Kaapse vrou, Marie Koopmans-de Wet. Die geleentheid word aangebied in samewerking met die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV).
Op die vooraand van die 190-jaar-herdenking van haar geboorte in 1834 onthou ons hierdie besondere dame wat in haar leeftyd nie net ’n Kaapse gasvrou was vir bekendes nie, maar haar deurlopend aktief beywer het vir talle kwessies soos die bewaring van erfenis, bevordering van taal en musiek en verligting van die lyding van vroue en kinders tydens die Anglo-Boereoorlog.
’n Lekker ekstra van hierdie geleentheid is die spesiale boksie met vier items tradisionele Hollandse gebak wat elkeen ontvang. ’n Verskeidenheid van interessante name en Hollandse geure, speserye, amandel en ’n bietjie kaas. Tee en koffie word ook bedien.
Datum: Saterdag 16 Maart 2024
Tyd: 15:00
Waar: Suid-Afrikaanse sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV), Sentraalplein 4, Pinelands
Koste: R60
Voorafinskrywing by https://forms.gle/XNZecBj6VyY5JNAC7 en betaling teen Maandag 11 Maart 2024 word vereis vir logistieke doeleindes.

