"Uitgewerk" deur Jannie Geyser

  • 0

Uitgewerk

So jy reken jy het dit gemaak
Al die toetse van die lewe geslaag
Jy reken alles val in plek
Jou vroutjie, jou kind, jou werk

Jy reken jou polisse sal alles dek,
en op 65 sal jy kan relax
Dat jou geld sal mature soos jy
Jy reken jy is werklik vry

Maar hoeveel keer het jy net gelag?
Wanneer laas was jy werklik verras?
Jouself net in die oomblik verloor?
Deur 'n song op die radio laat bekoor?

Het jy aan 'n hubbly gesuig vir verligting
of verdwaal in jou kop, vir ontvlugting
gedroom in die middel van die dag?
Of uitgesien om te ontwaak in die nag?

So jy reken jy ken van die lewe
Jy’s in die kerk en lief vir die Here
Doen jou dinge mooi elke dag
Die lewe in boksies maar sag

Jy reken dis alles so eenvoudig
Haarfyn beplan tot jou oudag
En die koerante berig van 'n wêreld
onder jou kreunend en kermend

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top