Uit Woordenaars: Hawequa

  • 0

Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.

Luister hoe Dewald Jacobst "Hawequa" voorlees.

Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.

Hawequa

ek slaan my oë op na die Wellington se berge
waar jy woon en skemeraand verskyn
is jy die bewaarder van Wellington
wat nie sluimer of slaap
wat soos ’n arend oor ons vallei sweef
die kwesbaarstes in jou kloue wegvoer

beskerm jy ons vallei
teen onheil en kwaad
waak jy dalk oor ons
met die staf in die hand
is die staf ... ’n roede vir tug

jy bewaar net koloniale nalatenskap
en bewerk ons
die eerste bewoners van Hawequa
se ondergang

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top