Hierdie gedig uit die bloemlesing Woordenaars en die klanopname word geplaas met vergunning van Naledi en die skrywer. Klik hier om die bloemlesing aan te koop.
Luister hoe Elias P Nel "doodstjiem" voorlees.
Op sommige Apple-toestelle mag dit nodig wees om te stop en die podsending weer te speel voordat dit werk. ’n Alternatiewe opsie: laai die Audiomack-toep af en luister na die podsending op die toep. Klik op die Audiomack-logo op die podsending hierbo om die toep af te laai.
doodstjiem
(16 Maart 2020–)
ons’it mos toe nou trying gekry
doer’t ytte ver landt oorie waterse
hette doodststjiem hier
na ons toe gelê e loop
diése tjiem hang glo innie lig
en ontsien ga mens’ie
sitte soek okkie ytie
ha-ah hy vat voorie voet
oud jonk groot en klein
hille sê hom glo’rie kroonawieris
onse mense doodt oppe hoop
ennie gryfjaartse loop oor
maar onse goewernment praat net en blo
da meen hulle ons moet als sitte glo
te’wylsma hulle’rie tjiem se mirresyne sjêltjies
lope steel en blinkbek opvreet
vreet’ie doodstjiem ons een vir een op
ons’it nie lank t’riggie gevra gebidt gesing
seeging Heer seeging Suid-Afrika
nou vra en bidt en sing ons weer
seeging Heer seeging ons landt
red Heer red Suid-Afrika
van sy joeslis goewernment
ennie doodstjiem
wat ons regyt graf toe vat!